Die uiteindelike mikpunt van die SAS-sentra is om op 'n sistemiese wyse ondersteuning aan studente en dosente te bied om sodoende akademiese sukses en gevolglike uitstekende deurvloeikoerse te help verseker.
Vir meer inligting aangaande elke omgewing se funksie, kyk na elke sentrum se eie webwerf.
Eerstejaarsakademie
Die Eerstejaarsakademie word ook vanuit Studente- en Akademiese Steun gekoördineer. Die Eerstejaarsakademie-koördineerder is in die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) gesetel en meer inligting oor hierdie institusioneelwye inisiatief kan op SOL se webwerf gevind word.