Die Afdeling Institusionele Navorsing en Beplanning (INB) hanteer alle inligtingsversoeke oor die Universiteit van Stellenbosch en verskaf die nodige institusionele insig vir bestuursbesluite op alle vlakke.
Die afdeling is op 1 Januarie 2008 tot stand gebring met die samesmelting van die Afdeling Akademiese Beplanning en Gehalteversekering, en die Afdeling Strategiese Beplanning.
INB het die volgende funksies:
1. Doen omgewingsverkenning t.o.v. beleid en tendense in Hoër Onderwys 2. Onderneem institusionele navorsingsprojekte 3. Genereer standaardinligtingsverslae 4. Hanteer ad hoc inligtingsversoeke 5. Bestuur die HEMIS-kantoor 6. Koördineer inskrywingsbeplanning 7. Koördineer akademiese beplanning 8. Koördineer institusionele gehalteversekering 9. Ontwikkel en bestuur die Inligtingskafeteria 10. Onderhou Inligtingsbestuurstelsels 11. Dien as skakelkantoor vanaf en na die Departement van Onderwys, HESA, CHE/HEQC en statutêre liggame 12. Neem deel aan nasionale werkgroepe en komitees