Call for submissions now open. Click on logo for more information.
PRONTAK Inspireer Nuwe Dosente
Die 12de bestaansjaar van die gewilde Professionele Onderrigontwikkelingsprogram vir Akademici (PRONTAK/PREDAC) is met 'n rekordgetal deelnemers ingelui. 'n Groep van 70 nuutaangestelde US-akademici het PRONTAK/PREDAC 2010 vanaf 18 tot 21 Januarie by die Goudini Konferensiesentrum bygewoon.
Weens die Węreldbekersokker word PRONTAK nie vanjaar soos gewoonlik in Julie herhaal nie, dus is alle deelnemers gedurende een week in Januarie geakkommodeer. "Ons moes behoorlik spook om die program in 'n nuwe formaat te giet wat steeds die maksimum deelname deur alle dosente toelaat," sę dr. Karin Cattell van die Sentrum vir Onderrig en Leer. Dr. Cattell het vanjaar die leisels van PRONTAK oorgeneem. Die program is vir die eerste keer oorwegend in parallelle sessies aangebied. Nog 'n PRONTAK-nuutjie was die RGA wat vir die duur van die program vir die deelnemers opgestel is.
Die deelnemers het 10 fakulteite en 32 departemente aan die US verteenwoordig (Elsenburg ingesluit). Hul onderrigervaring het gestrek van 23 jaar tot geen ondervinding nie. Die PRONTAK-program het hierdie diversiteit in ag geneem deur 'n wye verskeidenheid onderwerpe te dek, waaronder die US-konteks, die beplanning van 'n module (uitkomste en assessering), en die bevordering van studenteleer (hoe om studente aktief te betrek). Vier keusesessies, wat effektiewe onderrig met nuwe tegnologie en navorsing oor onderrig ingesluit het, was 'n verdere nuwe inisiatief in vanjaar se program.
Fakulteitsverteenwoordigers proff. Juanita Bezuidenhout, Johann de Villiers, Hennie Kotzé en Doug Rawlings het 'n paneelgesprek oor die drie rolle van 'n akademikus aan die US gelei. In aansluiting daarby het die drie viserektore - proff. Magda Fourie, Arnold van Wyk en Julian Smith - beurtelings oor aandete met deelnemers gesprek gevoer oor onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie aan die US. "Wat ek besonder interessant en nuttig gevind het van vanjaar se PRONTAK-program was die geleentheid om op informele wyse met nuwe dosente gedagtes uit te ruil, en ook bewus gemaak te word van hulle frustrasies en verwagtings," sę prof. Fourie.
Ook die deelnemers se terugvoer het getoon dat PRONTAK vir hulle 'n waardevolle ervaring was. "'n Wonderlike leer- en netwerkgeleentheid," was die kommentaar van een dosent, en 'n ander merk op: "By inviting me to PREDAC the university was showing that it really wanted to invest in me as an individual and as a member of a community. I really appreciated this, and felt appreciated. As an employee over the years, I had never experienced this before."
Die PRONTAK-kortkursus bestaan uit drie modules waarvan die deelnemers Module 1 voltooi het. Die ander twee modules strek oor die res van die jaar en bestaan uit klasbesoeke op uitnodiging, deelname aan werkswinkels en gefokusde belangegroepe (FIGs), en 'n minikonferensie spesifiek vir PRONTAK-deelnemers in November. Deelnemers kan ook 'n portefeulje van hul werk saamstel en gedurende die jaar aan 'n mentorprogram meedoen.
Indien u enige vrae oor PRONTAK het of meer inligting verlang, kom gerus met dr. Karin Cattell van die Sentrum vir Onderrig en Leer in aanraking by (021) 808 3074 / 2813 of kcattell@sun.ac.za
Tutor Opleiding 2010
In 2009 het meer as 400 tutors van reg oor die Universiteit tutoropleiding, aangebied deur die Sentrum vir Onderrig en Leer, bygewoon. Dit verteenwoordig 'n noemenswaardige toename in getalle teenoor 2008. Tutors se terugvoer toon aan dat die meerderheid die werkswinkels baie leersaam gevind het ter voorbereiding van die rolle wat hulle in departemente moes vervul.
Kliek hier vir meer inligting oor tutor opleiding vir 2010.