Die Studenteterugvoerspan streef daarna om die verwerking van studenteterugvoervorms so akkuraat en so vinnig moontlik te doen. Die voordele van 'n elektroniese stelsel is dan juis dat dit, beide in terme van die afneem van terugvoer en die verspreiding van verslae, tyd en kostes sal bespaar en ook groter akkuraatheid kan verseker. Voorkeur sal verleen word aan die verwerking van elektroniese terugvoer, ten einde die omkeertyd vir die beskikbaarstelling van verslae te verkort na selfs korter as die huidige 4-6 weke. Die elektroniese stelsel sal ook die gebruik van databankvrae, wat in meer fakulteitspesifieke behoeftes kan voorsien, moontlik maak. Elektroniese studenteterugvoer word via die Webstudies-bediener afgeneem.
Vir volledige riglyne kliek hier.