 |
|
|
Formatiewe Terugvoer
Hoe om te werk te gaan in die geval van die "oop" formatiewe studenteterugvoervorm:
(sien Punt 5.8.5 onder "Beleid vir studenteterugvoer")
- Dosente bestel die getal formatiewe studenteterugvoervorms wat hulle benodig vanaf die web soos hierbo beskryf.
- Dosente formuleer self 'n aantal vrae wat aan die studente gekommunikeer word (kyk op die SOL tuisblad onder "Riglyne vir die gebruik van die formatiewe evalueringsvorm").
- Studente vul hulle terugvoer op die vorm in deur kruisies in die oop blokke aan te bring.
- Bespreek 'n tyd wanneer die dosent of sy/haar assistent by SOL die skandeerwerk kan gaan doen (sien besonderhede vir bespreking onderaan). Instruksies vir skandering en uitvoer van data na Excel is by die skandeerders beskikbaar. 'n Templaat waarmee die data in Excel verwerk kan word, kan van die web afgelaai word.
Skandering en verwerking van die formatiewe studenteterugvoervraelyste val nie binne SOL se opdrag nie. Aangesien dit 'n onderwysontwikkelingsaksie is wat sterk aangemoedig word, mag dosente kosteloos die skandeerder by SOL gebruik.
BESPREKINGS VIR SKANDERING: Bespreek by me Roshnique Daniels (SOL): tel. (021) 808-3081.
|
RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN DIE FORMATIEWE EVALUERINGSVORM
- Doel en gebruik van die vorm:
- Die formatiewe evalueringsvorm (studenteterugvoervorm) word vir die doel van prosesevaluering tydens die aanbieding van 'n module gebruik ten einde die onderrig- en leerproses te moniteer en moontlik aan te pas.
- Die formatiewe evalueringsvorm is 'n "oop" studenteterugvoervorm wat dit vir dosente moontlik maak om die data wat op die vorms ingewin is, elektronies te versamel vir latere verwerking in Excel.
- Die dosent formuleer self 'n aantal vrae wat aan die studente gekommunikeer word (dit is nie nodig om al die vrae op die vorm te gebruik nie). Studente vul hulle terugvoer op die vorm in deur kruisies of syfers in die oop blokkies aan te bring, m.a.w. die vorm word soos die bestaande multikeusevorm wat vir toetse beskikbaar is, gebruik.
- Prosessering van die data behels die inskandering van die data op die vorms met 'n optiese skandeerder, uitvoer van die data na 'n Excel lêer (sien "Hoe om te werk te gaan in die geval van die "oop" formatiewe studenteterugvoervorm") en die verwerking daarvan binne Excel of 'n ander geskikte statistiese pakket (sien "Verwerking van data: Formatiewe evaluering" om 'n templaat vir die verwerking af te laai). Skandering en verwerking van die data val nie binne SOL se opdrag nie.
- Dosente of hulle assistente kan 'n bespreking by SOL (Tel: 3081) maak om die skandeerder te gebruik.
- Tipes vrae wat met hierdie vorm gestel kan word
Die vorm het vier afdelings wat vir die volgende tipes terugvoer gebruik kan word:
- Afdeling A (20 vrae): Evaluering van stellings op 'n 5 punt skaal
- Afdeling B (5 vrae): Vrae wat 'n enkel keuse uit twee opsies verlang, bv. Ja/Nee, Voltyds/Nie-voltyds
- Afdeling C (5 vrae): Vrae wat 'n enkel keuse uit meer opsies verlang, bv. 1ste jaar/nie-finale jaar/finale jaar
- Afdeling D (3 vrae): Vrae wat 'n twee-syfer invoer verlang, bv. 'n vraag oor tydsbesteding (een tot vier response per vraag)
- Afdeling A (Vrae 1 tot 20)
Dui by die verlangde vraagnommer op die vorm aan tot watter mate u met die volgende saamstem: 1. Die tutoriaalklassse in Wiskunde was die moeite werd
- Afdeling B (Vrae 21 tot 25)
21. Herhaal u die module? (a) Ja (b) Nee
- Afdeling C (Vrae 26 tot 30)
26. Ek het die volgende aantal ure aan hersiening vir chemie-prakties bestee: (a) 0 uur (b)1 uur (c) 2 uur (d)3 uur (e) 4 of meer ure
- Afdeling D (Vrae 31 tot 33)
31. Ek het die volgende persentasies van my tyd tydens hersiening vir histologieprakties aan die volgende hulpmiddels bestee: (a) Gerga selftoetse (b) Mikroskoop (c) Foto's in teksboek (d) My eie notas
|
 |
 |
|
|
|
 |
|
 |