Papierterugvoer - Prosedures
Die Studenteterugvoerspan streef daarna om die verwerking van studenteterugvoervorms so akkuraat en so vinnig moontlik te doen. Vir die verwesenliking van hierdie doel het ons egter die hulp van departemente nodig en versoek daarom dat die volgende riglyne gevolg word:
- Gebruik van studenteterugvoervorms
Departemente wat die opsie kies om terugvoer op papiervraelyste af te neem, moet slegs gebruik maak van gedrukte vorms. Terugvoervorms moet onder geen omstandighede gekopieer word nie aangesien die posisie van die spesiale "skandeermerkers" en antwoordvelde op die vorms kan verskuif, vergroot of verklein en selfs onduidelik kan vertoon.
- Gebruik van Veelkeuse Toetsvorms
Die skandering en merk van veelkeuse toetsvorms is die verantwoordelikheid van dosente. Dosente en assistente moet asb die gebruik van die skandeerder vroegtydig bespreek by Minnie van Zyl (Tel 3081, minnievz@sun.ac.za). Nuwe assistente moet vroegtydig reëlings met haar tref vir opleiding in die gebruik van die skandeerder. Let ook asb daarop dat die skandering van gewone studenteterugvoer (die kernaktiwiteit van die terugvoerkantoor) voorkeur bo die skandering van veelkeuse toetsvorms geniet.
- Spesiale versoeke
Alle spesiale versoeke moet na Melanie Petersen (Tel 3544, mpeter@sun.ac.za) gestuur word, waarna die versoek geassesseer en geprioritiseer sal word. Soos deur die terugvoerkantoor bepaal, sal die resultate van spesiale versoeke met 'n hoë prioriteit ná drie werksdae gereed wees en die resultate van versoeke met 'n lae prioriteit ná sewe werksdae.
- Riglyne aan die persoon wat die afneem van studenteterugvoer in die klas administreer
a) Voor die terugvoer afgeneem word in die klas b) Die dag waarop die terugvoer afgeneem word c) Na afloop van die opname
Vir meer inligting kliek hier
|
 |
|
|
|