ENGLISH
 

Terugvoerverslae

Studenteterugvoerverslae sal voortaan elektronies versprei word aan dosente en hul lynbesture. Sun-e-HR sal as medium vir die elektroniese verspreiding van die verslae gebruik word.

Ten einde te verseker dat die korrekte verslae na die korrekte persone gestuur word, versoek ons departemente om seker te maak dat lynbesture te alle tye korrek op Oracle gelaai is.

Sodra 'n verslag  elektronies op 'n dosent se personeelportaal gelaai is, word 'n e-pos  kennisgewing ("notification") gestuur dat 'n verslag beskikbaar is. Die verslag sal nie aan hierdie e-pos kennisgewing gehaak wees nie, maar word wel op die dosent se Documents of Records in Sun-e-HR gestoor. Vir aanwysings om by hul Documents of Records uit te kom, kan dosente en hul lynbestuur gebruik maak van die volgende handleidings.

DOR Handleiding vir Werknemer
DOR Handleiding vir Lynbestuur

 

Terme en Voorwaardes(.pdf)
Webregulasie (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Stellenbosch Universiteit