ENGLISH
 
Prosedure vir die gebruik van veelkeuse toetsvorms


Die US beskik oor fasiliteite vir die nasien van veelkeuse toetse met behulp van 'n skandeerder wat by die SOL geplaas is. Die opstel van veelkeuse toetse, skandering en merk daarvan is die verantwoordelikheid van dosente. Die skandering van studenteterugvoer (gewoon of formatief) geniet voorkeur by SOL.

SOL het vorms in beskikbaar waarop studenteresponse vir veelkeuse toetse (maksimum van 100 vrae) met die Formware stelsel geskandeer kan word. Die vorms sien as volg daaruit:

  Formaat
Getal vrae 100 vrae
Outomatiese karakter-herkenning en korreksie per hand Studente vul karakters in vir studentenommers en -name. Studente vul kruisies in vir die opsies vir die veelkeusetoets.Die skandeersagteware doen karakterherkenning en die persoon wat skandeer kry 'n kans om dit te korrigeer.
Voordele

1. Die kruisies vir die toets word met hoë betroubaarheid (>99%) herken. Toetspunte word dus baie akkuraat ingelees.

2. Daar is 'n akkurate rekord van die studentename en -nommers, indien die persoon wat skandeer besluit om die "correct" opsie na karaktererkenning te kies.(Aangesien die akkuraatheidheid van karakterherkenning laag is, is korreksie deur die persoon wat skandeer noodsaaklik).

Nadele

1. Die akkuraatheid van karakterherkenning hang af van studente se handskrifte (betroubaarheid gewoonlik <95%).

2. Die persoon wat skandeer moet na karakterherkenning korreksies maak - dit is 'n tydsame proses om al die studentevanne en -nommers te korrigeer.

Dosente kan hierdie vorms by SOL aankoop (sien die bestelvorm op die web).

Hoe om te werk te gaan:

  1. Dosente bestel die getal nodige vorms by SOL.
  2. Dosente formuleer die toetsvrae en noteer die korrekte antwoorde vir gebruik as memorandum in Excel.
  3. Dosent bespreek 'n tyd wanneer die dosent of sy/haar assistent die skandeerwerk kan gaan doen (sien besonderhede vir bespreking onderaan). Instruksies vir skandering en uitvoer van data na Excel is by die skandeerders beskikbaar. 'n Templaat waarmee die punte in Excel verwerk kan word, kan van die web afgelaai word.
  4. Betaal per Interdepartementele rekwisisise (OE kode 5834) vir die gebruik van die skandeerder (50c/vorm)
BESPREKINGS VIR SKANDERING:
Bespreek by me. Roshnique Daniels (SOL): tel. (021) 808-3081


Betaling vir skandering (50c per vorm) word per Interdepartementele rekwisisie aan SOL (OE kode 5834) gemaak.

 

Terme en Voorwaardes(.pdf)
Webregulasie (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Stellenbosch Universiteit