Onderrrig & Leerprogramme
ITEMS IN DIE UNIVERSITEITSWYE KERNVRAELYSTE SOOS DEUR DIE US SENAAT GOEDGEKEUR
- Algemene inligting oor student en leer-en onderrigprogram
- Vul die naam in van die kwalifikasie waarvoor jy geregistreer is (bv BA).
- Vul die naam in van die program waarvoor jy geregistreer is (bv Taal en Kultuur).
- Hoeveel jaar het jy geneem om jou studies vir hierdie program te voltooi (neem aan dat jou finale jaar suksesvol is)?
- Beoordeel die leer- en onderrigprogram op 'n skaal van 1 tot 5:
1 = verskil sterk; 5 = stem volkome saam; N.v.t.= nie van toepassing.
Die program het my geleer om:
- Krities te dink.
- probleme op verantwoordelike wyse op te los
- die groter geheel in ag te neem tydens probleemoplossing
- effektief met ander persone, as lid van 'n span, saam te werk
- inligting (gedruk en elektronies) in te samel, te analiseer, te organiseer en te evalueer
- effektief te kommunikeer deur taalvaardighede te gebruik (mondeling en geskrewe)
My blootstelling aan die program en die universiteitsomgewing het my gehelp om:
- myself en my aktiwiteite doeltreffend te bestuur sodat ek 'n goeie balans tussen my studies en my ander aktiwiteite handhaaf
- self verantwoordelikheid te neem vir die verwerwing van kennis en vaardighede
- 'n groter sensitiwiteit vir die sosiale omgewing te ontwikkel
- geleenthede in die akademiese, beroeps- en sakewęreld raak te sien en te ondersoek
Hierdie stellings hou verband met die akademiese verantwoordbaarheid van die program in die geheel:
- Die tipe assesseringstake is toepaslik.
- Die finale assesserings gee 'n redelike beeld van my vermoëns.
- Die modules in die program vorm 'n sinvolle eenheid.
- Die program is so saamgestel dat kennis en begrip verdiep van die eerste tot die finale jaar.
- Die inhoud van die program hou tred met hedendaagse kennis.
- Onnodige duplisering tussen modules is tot die minimum beperk.
- Addisionele kommentaar
- Wat was die beste aspekte van hierdie program?
- Watter aspekte van hierdie program kan verbeter?
|