ENGLISH
 
Nagraadse Modules

ITEMS IN DIE UNIVERSITEITSWYE KERNVRAELYSTE SOOS DEUR DIE US SENAAT GOEDGEKEUR

  1. Algemene inligting oor student en module
    • Geslag
    • By watter universiteit/instelling het jy jou voorgraadse kwalifikasie bereik?
    • Moeilikheidsgraad van module, relatief tot ander modules wat jy hierdie jaar gevolg het, was ...
    • Werkslading van module, relatief tot ander modules wat jy hierdie jaar gevolg het, was ...
    • Die tempo in hierdie module was ...
    • Gemiddelde aantal ure per week wat jy buite die klas aan hierdie module bestee het
    • My vlak van belangstelling in hierdie module voordat ek daarmee begin het was ...
    • My vlak van belangstelling teen die einde van die module was ...
    • Watter aspek was vir jou van die grootste belang t.o.v. die module (persoonlike belang; om te slaag; intellektuele stimulasie; toepassingsvaardigheid; bedryf of werkgewerbehoeftes)

  2. Beoordeel die module op 'n skaal van 1 tot 5:
    1 = verskil sterk; 5 = stem volkome saam; N.v.t.= nie van toepassing.
    • Die module-uitkomste is aan my gekommunikeer.
    • Die module het die gestelde uitkomste bereik.
    • Die relevansie van hierdie module tot die program was vir my duidelik.
    • Die assesseringstake (bv. werkopdragte) in hierdie module het my gehelp om te leer.
    • Ek het voldoende terugvoer oor my werk in hierdie module ontvang.
    • Duidelike riglyne vir alle assesserings-take is in hierdie module gestel.
    • Die bronne vir leer wat vir hierdie module voorsien is (bv. die handboek) het my gehelp om effektief te leer.
    • Die keuse van temas en voorbeelde was relevant tot die module-uitkomste.
    • Die fisiese onderrig- en leerruimtes (bv. klaskamergroottes, beligting, ens.) wat vir hierdie module gebruik is, was voldoende.
    • Die verwagte werksladingin hierdie module was voldoende.
    • Die module was goed gestruktureerd.
    • Hierdie module het my vaardighede in analise en oplossing van probleme help ontwikkel.

  3. Addisionele kommentaar
    • Wat was die beste aspekte van hierdie module?
    • Watter aspekte van hierdie module kan verbeter?

  4. Geheelindruk: Aan die hand van jou terugvoer op die voorafgaande items, gee asseblief jou geheelindruk van die module deur 'n persentasie toe te ken.
Terug na Bo

Terme en Voorwaardes (.pdf)
IT: Regulasies en Beleide
Webregulasie (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Universiteit Stellenbosch