Agr 212 – Akkerbouproduksie
Ekonomiese belangrikheid van gewasse; verwantskap tussen grond, klimaat en produksievermoë; verbouingspraktyke van akkerbougewasse soos bewerking, wisselbou en onkruidbeheer.
|
Voorvereiste: Gewasproduksie 152 |
Agr 312 - Kweekhuis-produksietegnieke
Grondlose produksietegnieke (hidrokultuur) vir saailinge en gewasse; invoed van verskillende groeimediums; verskillende tipes klimaatbeheer; optimum konsentrasies voedingsoplossings vir verskillende gewasse.
Agr 322 - Verbouing van eenjarige agronomiese gewasse
Inleiding tot morfologie en ontwikkeling van belangrike eenjarige agronomiese gewasse vir die wintereëngebied; identifikasie en produksietegnieke van die betrokke gewasse; grond- en klimaatsvereistes van die gewasse; die benutting en ekonomiese waarde van die betrokke gewasse.
Agr 324 - Ontwikkeling en ekologie van Suid-Afrikaanse veldtipes, morfologie en fisiologie van weidingsplante en hulle reaksie op ontblaring, beginsels van veldbestuur, veldtoestandbepaling, veldbestuur op wildplase en bestuur van verskillende veldtipes.
Agr 332 - Verbouing van toekomstige gewasse
Identifikasie, morfologie en groeivereistes van nuwe potensieel belangrike voedsel-, vesel-, medisinale- en industriële gewass; morfologie en groeivereistes van geselekteerde gewasse; bestuurspraktyke vir volhoubare maksimale produksie van die betrokke geselekteerde gewasse.
Agr 342 – Onkruidbestuur
Eienskappe van onkruide; onkruidbeheermetodes; beginsels van onkruidbestuursprogramme; meganisme van werking van chemiese onkruiddoders.
Agr 362 - Groentegewasse vir intensiewe produksiestelsels
Identifikasie van die belangrikste groentegewasse wat in intensiewe produksiestelsels verbou word, Morfologie en fisiologie van die betrokke groentegewasse; produksietegnieke onder intensiewe plantproduksiestelsels vir die betrokke gewasse.
Agr 414 – Kweekhuis-produksietegnieke
Grondlose produksietegnieke (hidrokultuur) vir saailinge en gewasse met verskillende tipes klimaatbeheer.
|
Voorvereiste: Plantkunde 224 of |
|
Voorvereiste: Gewasproduksie 214 |
Agr 424 – Fisiologiese en ekologiese beginsels van weiveldbestuur
Ontwikkeling en ekologie van Suid-Afrikaanse veldtipes; morfologie van weidingsplante; fisiologie van ontblaring en plante se reaksie daarop; fisiologiese beginsels van veldbestuur; veldtoestandbepaling, brand van veld, bosindringing, veldbestuur op wildplase; oorsake en beheer van erosie.
Word deurlopend geassesseer.
|
Voorvereiste: Agronomie 314 of |
|
Bewaringsekologie 314 |
Agr 444 – Groentegewasse vir intensiewe produksiestelsels
Morfologie en fisiologie van belangrike groentegewasse en produksietegnieke onder intensiewe plantproduksiestelsels.
|
Voorvereiste: Agronomie 414 |
Agr 454 - Produksiefisiologie en –tegnologie vir eenjarige akkerbou- en weidingsgewasse
Fisiologiese prosesse betrokke by opbrengsverhoging van koelweergewasse en aangeplante weidings; gewasrotasies en biologiese bestuur vir volhoubare produksie; kwaliteitsvereistes en benutting van gewasse en weidings.
|
Voorvereiste: Agronomie 322 |
2012
Agr 212 – Akkerbouproduksie
Ekonomiese belangrikheid van gewasse; verwantskap tussen grond, klimaat en produksievermoë; verbouingspraktyke van akkerbougewasse soos bewerking, wisselbou en onkruidbeheer.
|
Voorvereiste: Gewasproduksie 152 |
Agr 312 - Kweekhuis-produksietegnieke
Grondlose produksietegnieke (hidrokultuur) vir saailinge en gewasse; invoed van verskillende groeimediums; verskillende tipes klimaatbeheer; optimum konsentrasies voedingsoplossings vir verskillende gewasse.
Agr 322 - Verbouing van eenjarige agronomiese gewasse
Inleiding tot morfologie en ontwikkeling van belangrike eenjarige agronomiese gewasse vir die wintereëngebied; identifikasie en produksietegnieke van die betrokke gewasse; grond- en klimaatsvereistes van die gewasse; die benutting en ekonomiese waarde van die betrokke gewasse.
Agr 324 - Ontwikkeling en ekologie van Suid-Afrikaanse veldtipes, morfologie en fisiologie van weidingsplante en hulle reaksie op ontblaring, beginsels van veldbestuur, veldtoestandbepaling, veldbestuur op wildplase en bestuur van verskillende veldtipes.
Agr 332 - Verbouing van toekomstige gewasse
Identifikasie, morfologie en groeivereistes van nuwe potensieel belangrike voedsel-, vesel-, medisinale- en industriële gewass; morfologie en groeivereistes van geselekteerde gewasse; bestuurspraktyke vir volhoubare maksimale produksie van die betrokke geselekteerde gewasse.
Agr 342 – Onkruidbestuur
Eienskappe van onkruide; onkruidbeheermetodes; beginsels van onkruidbestuursprogramme; meganisme van werking van chemiese onkruiddoders.
Agr 362 - Groentegewasse vir intensiewe produksiestelsels
Identifikasie van die belangrikste groentegewasse wat in intensiewe produksiestelsels verbou word, Morfologie en fisiologie van die betrokke groentegewasse; produksietegnieke onder intensiewe plantproduksiestelsels vir die betrokke gewasse.
Toegepaste Plantfisiologie 414 - Ekofisiologie van hortolgiese en agronomiese gewasse
Gevorderde beginsels van huidmondjie-geleiding, transpirasie, fotosintese en respirasie. Mikroklimatologiese invloede op gaswisseling. Effekte van oormaat energie - lig en temperatuur. Die gebruik van chlorofilfluoressensie as stres-indikator. Opskaal van gaswisseling en koolstofbalans van gewasse. Waterverhoudings van selle, weefsels en die hele plant. Stresfisiologie en voordelige aspekte van stres. Klimaatsverandering en die landbou. Teorie en toepassing van ekofisiologiese meettegnieke. Die skryf en aanbied van 'n seminaar.
VGrondkunde 344 en Hortologie 314 of Agronomie 342
Agr 424 – Fisiologiese en ekologiese beginsels van weiveldbestuur
Ontwikkeling en ekologie van Suid-Afrikaanse veldtipes; morfologie van weidingsplante; fisiologie van ontblaring en plante se reaksie daarop; fisiologiese beginsels van veldbestuur; veldtoestandbepaling, brand van veld, bosindringing, veldbestuur op wildplase; oorsake en beheer van erosie.
Word deurlopend geassesseer.
|
Voorvereiste: Agronomie 322 of |
|
Bewaringsekologie 314 |
Toegepaste Plantfisiologie 464 - Voeding van hortologiese en agronomiese gewasse
Floeëmtransport en koolhidraatallokasie. Wortelanatomie, minerale toediening, opname en allokasie. Bepaling van gewasgebaseerde voedingsbehoefte en toedieningstrategieë; bestuur van reproduktiewe en vegetatiewe balanse en die rol van onderstamme. Faktore wat minerale opname affekteer.
Prakties: o.a. 'n boordbestuursverslag. Verbouing van alternatiewe gewasse.
V Grondkunde 244 en Hortologie 314 of Agronomie 342