Modules:

 

142(8) Beginsels van gewasproduksie

Plantomgewingsinteraksies, morfologie, klassifikasie, voortplanting en fisiologiese prosesse van hoėr plante.

 

214(6) Inleiding tot gewasproduksie

Plantomgewingsinteraksies; voortplantingswyses; opname en translokasie van minerale; planthormone. V. Biologie 142, 144. (Word deurlopend geėvalueer).

 

212(8) Akkerbouproduksie

Ekonomiese belangrikheid van gewasse; verwantskap tussen grond, klimaat en

produksievermoė; verbouingspraktyke van akkerbougewasse soos bewerking, wisselbou en onkruidbeheer. V Gewasproduksie 142.

 

314(16) Agronomiese produksie tegnieke

Inleiding tot grondbewerking, bemesting en produksie van gewasse; identifikasie en beheer van onkruide; meganisme van werking van chemiese onkruiddoders.

 

324(16) Weiveldbeheer

Ontwikkeling en ekologie van Suid-Afrikaanse veldtipes, morfologie en fisiologie van

weidingsplane en hulle reaksie op ontblaring, beginsels van veldbestuur,

veldtoestandbepaling, veldbestuur op wildplase en bestuur van verskillende veldtipes.

 

344(16) Kweekhuis-produksietegnieke

Grondlose produksietegnieke (hidrokultuur) vir saailinge en gewasse met verskillende tipes van klimaatbeheer. V Botanie 214 of Gewasproduksie 214.

 

414(16) Gewasse vir intensiewe produksiestelsels

Die fisiologie van verskeie snyblomme, groente- en kruiegewasse en produksie-tegnieke onder intensiewe plantproduksiestelsels. V Agronomie 344.

 

424(16) Ekologie en bestuur van natuurlike weiveld

Ontwikkeling en ekologie van Suid-Afrikaanse veldtipes, morfologie en fisiologie van

weidingsplante en hulle reaksie op ontblaring, voerkwalieit, beginsels van veldbestuur, veldtoestandbepaling, brand van veld, bosindringing, veldbestuur op wildplase, bestuur van verskillende veldtipes. V Agronomie 314 of Bewaringsekologie 314.

 

444(16) Volhoubare produksiestelsels vir koelweergewasse

Klimaat en grondvereistes, ewasrotasies, fisiologiese bydrae van plantkomponente tot opbrengs, biologiese bestuur vir volhoubare produksie, kwaliteitsvereistes vir gewasse en die meting daarvan. V Agronomie 314.

 

454(16) Weidingsintensifikasie

Die rol van aangeplante weidings in Suid-Afrika, morfologie en fisiologie van voergewasse en hulle reaksie op ontblaring, die dierefaktor, voerkwaliteit, veelading, radikale veldverbetering, seleksie, vestiging, bemesting en bestuur van voergewasse, voerbewaring en produksiebeplanning. V Agronomie 314.

 

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2008 Stellenbosch University