Toelatingsvereistes

Die algemene minimum toelatingsvereistes is:

Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi met ʼn prestasie van minstens 4 in vier vakke uit die lys van aangewese universiteitstoelatingsvakke.

Minstens 50% in die gekombineerde US-toegangstoetspunte en gemiddelde NSS-punt (Lewensoriėntering uitgesluit) in ʼn 40:60 verhouding geweeg.

Benewens bogenoemde word vir toelating tot programme vir die grade BScAgric, BScBosb*, BScBewEkol, BScVoedselwet en BAgricAdmin minstens die volgende vereis.

Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4. Wiskunde 4, Fisiese Wetenskappe 4 OF Fisiese Wetenskappe 3 en Lewenswetenskappe 4.

*Vir die studierigting Houtprodukkunde:

Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4, Wiskunde 5 en Fisiese Wetenskappe 5.

Naas die algemene toelatingsvereistes van die US, word vir toelating tot die program vir die graad BAgric (Elsenburg) minstens die volgende vereis:

OF Wiskundige Geletterdheid 4, Fisiese Wetenskappe 4 OF Lewenswetenskappe 4 OF Landbouwetenskappe 4.

 


 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2008 Stellenbosch University