Akkerbouproduksie

Voedselvoorsiening aan 'n steeds toenemende wêreldbevolking is afhanklik van die suksesvolle verbouing van graan- proteïen- en oliesaadgewasse. In ontwikkelde lande is hierdie gewasse ook belangrike bronne van energie en proteïene in diere-voeding. In hierdie studieveld word dus groot klem geplaas op verhoogde vlakke van produksie deur die optimale gebruik van hulpbronne soos byvoorbeeld die gebruik van geografiese inligting-stelsels (GIS) in die toepassing van pressissie-boerdery tegnieke.

Weens wêreldwye besorgdheid oor omgewingsbesoedeling geniet volhoubare produksiestelsels waarin die gebruik van gewasrotasie met nuwe gewasse en bewarings-boerdery praktyke ook baie aandag. Vinnig ontwikkelende weerstand teen chemiese onkruiddoders verg alternatiewe onkruidbeheerstrategië. Hierdie ontwikkelings en uitdagings vorm deel van kursusse aangebied en navorsingsprogramme van die Departement Agronomie.

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2008 Stellenbosch University