Weiding
Weidingsleer behels die studie van die bestuur van natuurlike sowel as aangeplante weivelde met die doel om die maksimum hoeveelheid veeprodukte soos vleis, melk en wol te kan produseer sonder om die weiveld self te verswak. In aangeplante weidings behels die bestuur onder andere die suksesvolle vestiging, bemesting, beweiding en oes van voergewasse. Aspekte soos onkruidbeheer, insekbeheer en siektebeheer is ook belangrik.
Van die grootste uitdagings in die aangeplante weidingsbedryf is die ontwikkeling van weidingsgewasse wat die droeėr en warmer toestande wat deur die kweekhuiseffek veroorsaak word, te kan hanteer. Ander probleme sluit in weerstand van onkruide teen onkruiddoders, asook die versuring en verbrakking van grond. As gevolg van die ekonomiese knyptang is daar ook behoefte aan volhoubare, lae insetkoste weidingsgewasse. In hierdie departement word veral aandag gegee aan die bestuur van onkruiddoderweerstand, asook die rol wat peulplantweidings kan speel om grondvrugbaarheid te verbeter in rotasiestelsels in die winterreėngebied.
Die bestuur van natuurlike weiveld behels die benutting van die natuurlike weiplante sonder dat die omgewing ekologies beskadig word. Ekologiese beskadiging kan lei tot erosie, toeslikking van damme en riviere, stofstorms en verlaging in produksie van die weiveld. Weereens een van die grootste uitdagings is om die land se weivelde so te bestuur dat daar volhoubare produksie verkry kan word te midde van die kweekhuiseffek wat sekere dele van die land negatief gaan beļnvloed ten opsigte van reėnval en temperature. Die herwinning van veld in 'n swak toestand uit die greep van erosie, bosverdigting en ander ekologiese probleme, is ook van die ander groot uitdagings wat aangespreek word. Goeie weidingsbestuur speel dus 'n baie belangrike rol in die verskaffing van voedsel en dierevesels vir menslike gebruik, maar ook om die omgewing vir die nageslag te bewaar.
Dr. PJ Pieterse