 |
|
 |
|
|
|
NB! BELANGRIKE KENNISGEWING VIR STUDENTE INSAKE DIE DEKAANSVERGUNNINGSEKSAMEN IN 2012. Lees meer...
|
 |
Internasionale lof vir "baanbrekerswerk" van PhD-gegradueerde in Sielkunde
|
|
Die doktorale proefskrif van 'n PhD-gegradueerde in die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Sielkunde is onlangs as een van tien aangewys wat in 2011 eervolle vermelding van die Internasionale Instituut vir Kwalitatiewe Metodologie (IIQM) ontvang het. Menige akademikus van oor die hele węreld stuur jaarliks hul proefskrifte na die Instituut, wat vanaf die Universiteit van Alberta in Kanada werk, om om die IIQM-proefskrifprys mee te ding. Volgens me Rose Richards, wat aan die US se Taalsentrum verbonde is, het haar navorsing oor die belewing van chroniese siekte gehandel.
|
Lees meer...
|
 |
US gereed om eerstejaars te verwelkom
|
|
Die nuwe akademiese jaar is met ons en die Universiteit Stellenbosch (US) is gereed om al die nuwelinge eerstejaars op eg Matie-manier te verwelkom. Die US se amptelike verwelkomings-program vir nuwelingstudente skop af op Donderdag, 26 Januarie 2012 met 'n massabyeenkoms vir eerstejaars en hul ouers in die Danie Craven-stadion op Coetzenburg. Die verwelkomingsweek kom Saterdag, 4 Februarie tot 'n einde, waarna akademiese klasse op Maandag, 6 Februarie 2012 begin.
|
Lees meer...
|
 |
Nuwe alumni webtuiste is hier!
|
|
Die webtuiste vir alumni van die Universiteit Stellenbosch (US) spog met 'n nuwe voorkoms en adres. By alumni.sun.ac.za (sonder die gebruiklike www) word alumni begroet met 'n moderne, gebruikersvriendelike webtuiste met inligting oor komende alumni-geleenthede, 'n funksionaliteit waar hulle hul studierekords kan bekom en ook Matieland, die alumni-tydskrif en Alumnus ('n nuusbrief vir donateurs van die Universiteit) aanlyn kan lees.
|
Lees meer...
|
 |
Willem Anker wen grootste beurs vir Afrikaanse skryfwerk
|
|
Die romansier en dramaturg, dr Willem Anker, wat aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Afrikaans en Nederlands verbonde is, het vandeesweek die grootste beurs vir Afrikaanse skryfwerk losgeslaan. Dr Anker het Dinsdag, 13 Desember 2011 die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skryfbeurs van R350 000 ontvang. Die beurs word deur die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) geadministreer, en stel die ontvanger in staat om 'n sabbatsverlof te neem om op sy/haar skryfwerk te fokus en 'n boek te voltooi.
|
Lees meer...
|
 |
|
|
|
 |