ENGLISH

Alumni » Behou kontak met ons


Om aan ʼn universiteit te gradueer is ʼn groot stap op jou lewensreis. Wanneer jy jou graad verwerf het, vorm jy nie net deel van die alumni-gemeenskap van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe nie, maar ook van die groter Stellenbosch Universiteitsgemeenskap. Die Fakulteit en die Universiteit bly boonop jou intellektuele tuiste en kan jou baie meer geleenthede bied om jou opleiding- en vaardigheidsbasis in die toekoms uit te brei.

Die Alumni-kantoor streef daarna om jou met jou alma mater in verbinding te hou lank ná die euforie van die verkryging van jou kwalifikasie/s vervaag het. Die sukses van  ʼn universiteit berus in ʼn groot mate op die deelname van sy alumni. Om hierdie verbintenisse te vergemaklik, rus ons strategie op vyf pilare: betrokkenheid en bearbeiding, kommunikasie, bestuur van vrywilligers, vroeë studentebetrokkenheid en alumni-skenkings. Elke pilaar vorm ’n integrale deel van die proses om meer geleenthede te genereer sodat jy met die Universiteit in verbinding bly, en ʼn sterker band vorm nie slegs tussen die Universiteit en sy alumni nie, maar ook tussen alumni onderling.

As jy betrokke wil raak by die Universiteit of die Fakulteit, kan jy dit op een van die volgende maniere doen:

  • UITREIK EN KENNISMAKING deur netwerkgeleenthede, fondsinsamelings en deur paneelbesprekings aan te moedig waarvoor die Alumni-kantoor gasheer sal speel.
  • KOMMUNIKASIE via ons sosiale netwerke. Die ideale manier om op hoogte te bly en uit te vind wat ander alumni doen.
  • BESTUUR VAN VRYWILLIGERS deur verskeie vrywilligergeleenthede. Universiteit Stellenbosch se eerste vrywilligerprogram, Ons Alumni-sirkel Stellenbosch (OAKS), is in Augustus 2011 gestig en het ten doel om onlangs-afgestudeerde alumni (dié wat sedert die jaar 2000 gegradueer het) in te skakel met die visie, werk en gemeenskap van die Universiteit om sodoende voorgesette alumni-deelname en
    -betrokkenheid te bevorder.
  • VROEЁ STUDENTESKAKELING word bevorder deur met ons huidige studente te skakel deur die Studenteraad (SR), koshuise en verenigings op kampus.
  • Die ALUMNI-SKENKINGSPROGRAM het ten doel om die deelname van alumni, personeel en vriende van die Universiteit uit te brei. Die fokus is op ʼn toename in die getal alumni wat bydra en om die bedrag te vergroot.

Besoek die webblad van die Alumni-kantoor om uit te vind hoe jy betrokke kan raak.

Om direk met die Universiteit se Alumni-kantoor in verbinding te tree, kan jy met een van ondergenoemde personeellede gesels:

Bev WittenBev Witten
Direkteur
021-808-9263 
bevwitten@sun.ac.za
Met jare ondervinding in die internasionale alumni-verhoudingsarena by Harvard, lei Bev die alumni-span waar sy hierdie rol verhef het tot ʼn geïntegreerde, mededingende strategie.
Liezl ScholtzLiezl Scholtz
Kommunikasiebeampte
021-808-9348 
liezls@sun.ac.za
Liezl is verantwoordelik om die kommunikasiestrategie te implementeer en om alumni- betrokkenheid ui te brei.
Louise EnslinLouise Enslin
Alumni-fondsbeampte
021-808-9351 
enslin@sun.ac.za
Louise fokus daarop om filantropiese inkomste by die US op te bou deur 'n kultuur van ondersteuning en gee te vestig.
Marvin Koopman Marvin Koopman
Geleentheidskoördineerder
021-808-9265 
marvin@sun.ac.za 
Marvin is verantwoordelik vir die konseptualisering en organisering van verskeie interaksie-geleenthede wat die alumni-strategie kan ondersteun.
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2012 Stellenbosch Universiteit