ENGLISH
Navorsing » NNS-gegradeerde navorsers » C-gegradeerde navorsers
Prof Stephanus MullerProf Stephanus Muller

Muller is 'n dosent van musikologie en is verantwoordelik vir die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS) in die Departement Musiek. Hy het klavier onder prof Joseph Stanford en me Marian Friedman en orrel onder prof SC Zondagh by die Universiteit van Pretoria studeer. Hy het sy BMus-graad in 1993 voltooi en het musikologie by Unisa onder prof Bernhard van der Linde en prof Niel Geldenhuys studeer. Hy het in 1998 sy MMus-graad by Unisa en 'n Master of Studies by Oxford verwerf. Dan het hy verder in 2001 sy DPhil by Oxford verwerf vir sy proefskrif oor Suid-Afrikaanse musiek en identiteitspolitiek, onder leiding van prof Roger Parker. Voor Muller in 2005 by die Universiteit Stellenbosch aangesluit het, het hy klas gegee by die Universiteit van die Vrystaat. Hy was tussen 2004 en 2006 die voorsitter van die Musikologiese Vereniging van Suider-Afrika en hy dien tans op die uitvoerende komitee van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Musieknavorsing en die assesseringspaneel vir uitvoerende en kreatiewe kuns en ontwerp van die Nasionale Navorsingstigting. Hy was al die redakteur van NewMusicSA en 'n gasuitgawe van SAMUS oor die musiek van Peter Klatzow. Hy is ook die mederedakteur van A Composer in Africa: Essays on the Life and Work of Stefans Grové (2005) en Gender, Sexuality and Music in South Africa (2004).

E-pos: smuller@sun.ac.za

Klik hier vir inligting oor die departement waaraan Muller verbonde is.


 

Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2012 Stellenbosch Universiteit