ENGLISH
Navorsing » NNS-gegradeerde navorsers » Y-gegradeerde navorsers
Dr Grace MusilaDr Grace Musila

Musila is 'n senior lektor in die Departement Engels en 'n stigtersameroeper van die Locutions and Locations-lesingsreeks (saam met prof Meg Samuelson) van die Nagraadse Skool wat in dié Fakulteit gebaseer is. Sy het haar PhD in Afrika-letterkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verwerf. Haar navorsingsbelangstellings sluit in: genderstudies, literatuur uit Oos- en Suidelike Afrika, Afrika-kultuur, intellektuele argiewe uit Afrika en om wit te wees in postkoloniale Afrika. Sy het joernaalartikels en boekhoofstukke oor hierdie onderwerpe gepubliseer. Sy was ook die mederedakteur van die boek Rethinking Eastern African Intellectual Landscapes (Africa World Press, 2012). Sy werk tans aan 'n monografie oor Britse en Keniaanse interpretasies van die moord op die Britse toeris Julie Ann Ward in die Masai Mara-natuurreservaat in Kenia in 1988.

E-pos: gmusila@sun.ac.za

Klik hier vir inligting oor die departement waaraan Musila verbonde is.


 

Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2012 Stellenbosch Universiteit