|
|
|
.
|
 |
|
|
Indien u enige probleme met hierdie webtuiste ondervind, skakel gerus die webredakteur by:
14572621@sun.ac.za
|
|
Een van UNESCO se top 12 joernalistiekskole in Afrika
|
|
|
---------------------------------------------------------------------------------------------
|
 |
|
Nuus in, om en oor die Departement Joernalistiek
|
 |
|
8 Maart 2010 Toekennings en jolyt by gradedagvieringe
Vier MPhil (Joernalistiek)-studente en 20 BPhil (Joernalistiek)-studente het saam in Desember 2009 en op 8 Maart 2010 op 'n snikheet middag almal hul grade ontvang.
|

|
Links, van voor na agter, staan Anri van der Spuy (MPhil), Tarryn Harbour (BPhil) en Annelie Mare (BPhil). Regs, van voor na agter, staan Kristen van Schie (BPhil), Roeline Daneel (BPhil) en Anastasia de Vries (die 2009 Rykie van Reenen-genoot).
'n Paar van die topstudente is ook met pryse beloon. Annelie Mare het drie pryse verower: die Car-prys as die jaar se BPhil-topstudent, die Rowland Hill-prys vir die beste BPhil in-diepte projek asook die Ton Vosloo-prys vir kreatiwiteit en innoverende denke. Tarryn Harbour het die PJ Cillie-prys vir uitnemende formulering ontvang, Kristen Van Schie die Darwin-prys vir kritiese denke en Roeline Daneel die Orms-prys vir die beste BPhil fotoportefeulje.
Anri van der Spuy het die goue pen vir die jaar se beste MPhil (Joernalistiek) gegradueerde gewen.
|
 |
|
---------------------------------------------------------------------------------------------
|
 |
1 Maart 2010 Edwardiaanse dame kry binnekort bybehorende boetie (of sussie)
Die gebou in Crozierstraat waarin die Department Joernalistiek tans werksaam is, en wat gepas deur die voorsitter van die departement, prof. Lizette Rabe, as die Edwardiaanse dame gedoop is, gaan binnekort 'n boetie of sussie kry, nadat boukontrakteurs op 1 Maart 2010 begin bou het aan 'n hipermoderne anneks agter die bestaande gebou.
|

|
Volgens prof. Rabe is die departement met 25 honneursstudente, 35 meestersgraadstudente en 'n handvol doktorale studente besig om uit haar nate te bars, en sal die nuwe anneks welkome spasie aan nog meer studente en buitelandse besoekers kan bied.
Die nuwe gebou sal uit twee vloere bestaan: op die eerste sal 'n lesinglokaal en kuierplek vir studente wees, terwyl die tweede vloer 'n geintegreerde multimedialokaal met oudio- en videoredigeersuites sal he.
Daar word gehoop dat die gebou teen September 2010 voltooi sal wees. Die onderstaande tekening is 'n geanimeerde voorstelling van hoe die gebou sal lyk.
|

|
 |
|
---------------------------------------------------------------------------------------------
|
 |
26 Februarie 2010 BPhil-student wen gesogte wetenskapsmedalje
Marisa Geyer, 'n BPhil-student by die Departement Joernalistiek, het onlangs die gesogte Meiring Naude-medalje verower. Die medalje word jaarliks toegeken aan die student wat die beste presteer in 'n goedgekeurde HonsBSc-program in Fisika aan die Universiteit Stellenbosch.
|

|
Geyer (tweede van regs op die foto), wat reeds haar HonsBSc in 2009 voltooi het, moes 'n gemiddelde van minstens 80% voor afronding en in alle modules wat vir die graad aangebied is 'n prestasiepunt van minstens 60% behaal het om die medalje te verower - punte wat sy vanselfsprekend aangeteken het. Die vergulde silwermedalje word geskenk deur wyle dr S. Meiring Naude.
|
 |
|
---------------------------------------------------------------------------------------------
|
 |
1 Januarie 2010 Nuut en oud terug vir 2010 in Departement Joernalistiek
Afgesien van die nuwe BPhil, MPhil en DPhil-studente wat in 2010 nuut by die Departement Joernalistiek begin studeer, het nuwe en ou gesigte ook by die departement se familie van personeel aangesluit.
|

|
Prof. Lizette Rabe (links) dien weer van 1 Januarie 2010 in haar pos as voorsitter van die departement nadat sy in 2009 vir 'n jaar op studieverlof was. Sy is ook die MPhil (Joernalistiek) en DPhil (Joernalistiek) koordineerder. Skakel haar gerus by lrabe@sun.ac.za indien u enige navrae het.
Me. Elizabeth Newman (middel) is reeds sedert 1 November 2009 die nuwe sekretaresse in die departement. Sy het voorheen by die Sentrum vir Sjinese Studies by die Universiteit Stellenbosch gewerk. Om haar te kontak, stuur gerus 'n e-pos aan lnewman@sun.ac.za.
Me. Jo-Ann Floris (regs) is die department se Rykie van Reenen-genoot vir 2010. Die Rykie van Reenen-genootskap is 'n pos wat deur Media24 geborg word waardeur 'n Media24-joernalis op 'n jaarlikse basis na die Universiteit Stellenbosch gesekondeer word. Dit vorm deel van dié maatskappy se bydrae tot die opleiding van joernaliste. Me. Floris is die redakteur van Die Burger Oos-Kaap. Haar e-pos adres is jfloris@sun.ac.za.
|
 |
|