|
Navorsing
In die Departement word 'n verskeidenheid navorsingsprogramme en -projekte uitgevoer deur verskillende personeellede.
Navorsingsprogramme
- Program in Leksikografie. 'n Program gerig op navorsing oor leksikografiese onderwerpe en opleiding in die leksikografiepraktyk (prof. Rufus Gouws).
- Program in Teksstruktuur en Tekskwaliteit. 'n Program waarin die tekskenmerke van verskillende tekstipes en metodes vir die toetsing van tekskwaliteit ondersoek word (prof. Leon de Stadler). Raadpleeg vir meer inligting die webwerf van die Taalsentrum.
Navorsingsprojekte
- 'n Lesergesentreerde benadering tot die vertaling van mediese en finansiële tekste met brontaal Engels en doeltale Afrikaans en Xhosa (prof. Ilse Feinauer).
- Taalgebonde verskuiwings (Shifts) tussen Afrikaans en Engels (prof. Ilse Feinauer).
- Ruimte en Identiteit in die Afrikaanse letterkunde (prof. Louise Viljoen).
- Gemeenskapstolking in die Gesondheidsorg in die Wes-Kaap (dr. Harold Lesch).
Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans
|