Beurse en Pryse
Studente van die Departement Afrikaans en Nederlands kan in aanmerking kom vir 'n wye verskeidenheid beurse en pryse. Bestudeer asseblief die beursboekie van die Universiteit noukeurig - heelwat van die beurse word daarin omskryf.
Ander beurse en pryse word op grond van meriete deur die Departement toegeken.
Daarnaas is daar beurse wat instansies soos die ATKV, NNS, Nederlandse Taalunie, Van Ewijck-Stigting, Nederlandse regering en Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse studenten self toeken.
Beurskantoor
- Nagraadse merietebeurse
- J du Plessis Scholtz (voor- en nagraads)
- Hymne Weiss-beurs (nagraads)
- Van Ewijck-beurse (voorgraadse kantoor en/of by Van Ewijck-Stigting - kyk op Van Ewijck-webwerf vir vorm vir laasgenoemde)
- Max en Louise Ackerman-beurs
- CJ de Jager (nagraads)
- Anna de Villiers (taalkunde, nagraads)
- JJ Smith (nagraads, taalkunde)
- HB & MJ Thom (nagraads)
- JBM Hertzog (nagraads)
- Harry Crossley (nagraads)
Ander
- Nederlandse Taaluniebeurse - 70% gemiddeld vir Nederlands
- Huygens-beurs - omvattende beurs vir nagraadse studie in Nederland - webwerf
- Stichting Studiefonds voor Zuid-Afrikaanse studenten - omvattende beurs vir nagraadse studie in Nederland - webwerf (inligting by prof. Dorothea van Zyl)
Binne die Departement Afrikaans en Nederlands word (volgens meriete) ook die volgende pryse en beurse toegeken
- Prestasiefondsbeurse (nagraads)
- Vertalingsbeurs - Wes-Kaapse Taalkomitee
- Suid-Afrikaanse Vertalingsinstituut (SAVI)
- Die Erna Meaker-beurs vir Leksikografie
- Kommunico-beurs vir vertaling
- Kocks-beurs vir taalkunde
- Protea-beurs (nagraads, letterkunde)
PRYSE
- Jaco van der Merwe-prys: beste eerstejaar(s)
- Corrie Burger-prys: beste tweedejaar(s)
- WEG Louw-prys: beste derdejaarstudent(e) in Letterkunde
- Folio-merieteprys vir Nagraadse Diploma in Vertaling
- Pharos-boekprys vir Leksikografie
- WAT-pryse