Welkom by die Departement Antieke Studie
Die Departement Antieke Studie het in 1999 tot stand gekom ná 'n samesmelting van die Departemente Klassieke en Ou Nabye Oosterse Studie. Die Departement fokus op die antieke kulture, beskawings en tale van die Mediterreense en Ou Nabye Oosterse wêrelde en verskaf onderrig in Antieke Kulture, Bybelse Hebreeus, Antieke Grieks, Latyn en Klassieke Regskultuur.
Antieke Studie stel studente in staat om krities afstand van hulle eie konteks te neem, 'n historiese bewussyn te ontwikkel en sodoende 'n ingeligte bydrae te lewer tot die ontwikkeling van ons veranderende samelewing.
| Voorsitter |
Prof Sakkie Cornelius Kamer 336 Lettere-gebou e-pos
|
|
| Sekretaresse |
Me Brigitte Cyster Kamer 335 Lettere-gebou +27 21 808 3203
e-pos |
|
| Kontakbesonderhede |
Antieke Studie Universiteit Stellenbosch Privaat Sak X1 Matieland 7602
Faks: +27 21 808 3480 |
| Ligging: |
Derde vloer, westekant, Lettere-gebou Hoek van Merrimanlaan en Ryneveldstraat |
Facebook:
|
Department of Ancient Studies Stellenbosch
| |