'n Webportaal (Engels: portal, gateway) is 'n geklassifiseerde versameling van skakels na ander webbladsye.
Voorbeelde:
Maria Pantelia se Electronic Resources for Classicists (http://www.tlg.uci.edu/index/resources.html) - is een van die omvattendste portale vir die Klassieke en bevat self ook weer skakels na verskeie ander portale.
New Testament Gateway (http://ntgateway.com) - is 'n uitstaande portaal vir die Nuwe Testament en verwante studierigtings.
Resource Pages for Biblical Studies (http://torreys.org/bible) - bevat o.a. interessante skakels na bronne oor die sosiale wêreld van die antieke Middellandse See wat verband hou met die Bybel.
Rutgers University Virtual Religion Index (http://virtualreligion.net/vri/) - bied 'n groot versameling skakels na internetbronne, insluitende Ou Nabye Oosterse, Griekse en Romeinse godsdienste, sowel as die Ou en Nuwe Testament.
ABZU (http://www.etana.org/abzubib) - bevat 'n groot verskeidenheid bronne (insluitende volledige boeke) oor die Ou Nabye Ooste.
Ancient Near East.Net (http://www.ancientneareast.net) - bied 'n versameling bronne en skakels oor die Ou Nabye Ooste vir die navorser en die nie-spesialis.
New Pauly Online (Brill’'s New Pauly) (Universiteit Stellenbosch biblioteek > Databasisse > N >) - op datum en gesaghebbende ensiklopedie oor die antieke wêreld.
Thesaurus linguae graecae (TLG) (Universiteit Stellenbosch biblioteek > Databasisse > T >) - byna volledige databasis van antieke Griekse tekste tot by die Bisantynse periode; woordeboeke; komplekse soektogte.
Packard Humanities Institute (PHI) Latin texts (http://latin.packhum.org) - klassieke Latynse tekste; sluit Woord-soektog en Konkordansie in.
Suda Online (http://www.stoa.org/sol/) - Bisantynse ensiklopedie oor antieke skrywers en onderwerpe; vertaling en Grieks, soektog oor onderwerpe.
Daar is verskeie webbladsye wat bibliografiese inligting oor spesifieke antieke skrywers bevat.
Die meer algemene bronne is die volgende:
L'Année philologique (http://www.annee-philologique.com/aph) - is die internetweergawe van die belangrikste bibliografiese hulpmiddel vir die Klassieke. Dit bevat die inhoud van die afgelope paar dekades (vanaf 1969). Toegang is slegs per subskripsie, maar toegang kan ook deur die Universiteit Stellenbosch Biblioteek se webwerf (http://www.sun.ac.za/library/) verkry word. Volg die skakel Databasisse en kies dan L'Année philologique (onder A gealfabetiseer).
Tables of Contents of Journals of Interest to Classicists (http://www.chass.utoronto.ca/amphoras/tocs.html) - gee 'n nuttige oorsig van die inhoudsopgawes van klassieke en verwante tydskrifte.
Propylaeum Virtual library (http://www.propylaeum.de/) - boeke oor antieke studie in Duitse biblioteke.
Online Egyptological Bibliography (http://oeb.griffith.ox.ac.uk/) - lys alle publikasies oor Antieke Egipte vanaf 1992.
Wanneer 'n mens vir die bibliografiese besonderhede van 'n boek soek, is dit ook nuttig om na die aanlyn-katalogus van navorsingsbiblioteke te gaan:
COPAC Home Page University Research Library Catalogue (http://www.copac.ac.uk) - kan deursoek word vir al die navorsingsbiblioteke in die Verenigde Koninkryk.
American Schools of Oriental Research Publications (http://www.asor.org/pubs/index.html) - met skakels na die tydskrifte Bulletin of the American Schools of Oriental Research, Journal of Cuneiform Studies en Near Eastern Archaeology.
Brynn Mawr Classical Review (http://bmcr.brynmawr.edu/) - bevat resensies van boeke oor die Klassieke. 'n Mens kan óf 'n soektog doen op die webwerf, óf inteken om gereelde resensies per e-pos te ontvang.
Review of Biblical Literature (http://www.bookreviews.org/default.asp) - bevat resensies van boeke oor die Ou of Nuwe Testament. Soektogte kan op die webwerf gedoen word onder skrywer, titel, onderwerp of sleutelwoord.
Biblical Archaeology Society (http://www.bib-arch.org/index.asp) - bevat skakels na die semi-wetenskaplike tydskrifte Archaeology Odyssey, Biblical Archaeology Review en Bible Review.
Metropolitan Museum of Art (New York) (http://www.metmuseum.org) - skakels na die antieke kulture versamelings met moontlikheid om na aanlyn-voorwerpe te soek.
Classics List (VSA) - is een van die aktiefste gespreksgroepe oor enige onderwerp wat die klassieke betref. 'n Mens kan aansluit by hulle tuisblad by http://lsv.uky.edu/archives/classics-l.html en ook daar hulle argiewe deursoek.
B-Greek is 'n gespreksgroep oor Bybelse Grieks. Dit is ook baie toeganklik vir persone wat nog Grieks aanleer. 'n Mens kan aansluit by http://lists.ibiblio.org/mailman/listinfo/b-greek. Dit is ook moontlik om hulle argiewe te deursoek.