WERKSAAMHEDE
Die Departement berei studente voor vir die uitdagings en geleenthede wat die Uitvoerende Kunste in die Suid-Afrikaanse samelewing vandag bied. Dit word gedoen deur 'n gesonde balans te handhaaf tussen teoretiese en praktiese onderrig, praktiese werk in die teater, navorsing en gemeenskaps-betrokkenheid. Onderrigprogramme is ontwerp om studente 'n begrip van die artistieke, opvoedkundige, sosiale en filosofiese betekenis en waarde van teater te ontwikkel, terwyl daar ook fundamentele bedryfskennis en teatervaardighede verskaf word.
Produksie vorm die kern van die Departement se opleidingsfilosofie en handhaaf nou bande met verskeie professionele teater- en media-organisasies (insluitend ArtsCape, SABC, die Oude Libertas Amfiteater, Grahamstadse Nationale Kunstefees, die KKNK en ander), asook verskeie gemeenskapsgroepe.
Die Departement bou geleidelik 'n wye netwerk van samewerkingsgeleenthede op. Die personeel lewer bv. reeds verskeie dienste as eksaminatore, adviseurs en gasdosente vir die drama departemente universiteite van Zululand, Kaapstad, Pretoria, Natal (Durban) en Weskaap.