Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
»Tuisblad    »Personeel    »Programme    »HB Thom Teater    »Navorsing    »English

Departemente » Drama

  
    Kontak Ons     
    Inleiding     
    Geskiedenis     
    Produksies     

REPELSTEELTJIE!!!

 

’n Splinternuwe weergawe van die geliefde sprokie, Repelsteeltjie, is binnekort by die H.B.Thom Teater (Stellenbosch Drama Departement) te sien! Onder die bekwame leiding van Schalk van der Merwe, (Kanna wenner KKNK 2009 – Die Slapende Skoonheid & Fluitspeler van Hamelin), sal jonk en oud vermaak word deur al die bekende karakters, sowel as ’n hele paar nuwes.

 

Kom ontmoet die sterrewag feëtjies wat vir Violet moet red dat haar sterretjie nie verdof nie!  As hulle nie vasvat gaan Repelsteeltjie en sy handlangers Mos en Duwweltjie vir Violet en die hele koninkryk in gevaar stel…  Dalk kan die gierige koningin Hyacinth net insien dat Prins Alwyn en Violet opreg lief is vir mekaar.  Om nie eers te praat wanneer baba Rosie haar tannie Azalea se gunsteling word nie!

 

Repelsteeltjie se speelvak het nog plek beskikbaar op 4 Mei om 09h30 asook 6-10 Mei om 12h30. Die geselskap bestaan uit 40 senior dramastudente en beloof om beide oud en jonk te vermaak en ook ‘n lewensles vir die maats te leer.  Uitspattige karakters, musiek wat die tone laat tik en danspassies wat almal sal aanroer, is net ‘n druppel in die emmer. Moet dit nie misloop nie!

 

 

 

 

Vir navrae en besprekings kontak na 14h00: Schalk van der Merwe by: 021 808 3216 of epos by schalkw@sun.ac.za

Blokbesprekings @ R30 per persoon

Ander: R40 per persoon

 

 

 

8de JAARLIKSE BUYA SKOLEFEES

13 tot 17 MEI 2013

 

Die agtste jaarlikse Buya Skole Teaterfees word vanjaar vanaf Maandag 13 tot Vrydag 17 Mei 2013 elke middag vanaf 16.00 in die H.B. Thom Teater, Stellenbosch aangebied.

Daar is daagliks vyf aanbiedings bestaande uit ‘n verskeidenheid stukke deur hoërskole, primêre skole en jeugteatergroepe. Dié talentvolle groepe kom grotendeels uit die Khayelitsha en Boland omgewings. Hoewel die voertaal meestal IsiXhosa is, word die storielyn pragtig deur dans en sang ondervang en kan maklik gevolg word. Teatergangers sal verstom wees deur die tematiese inhoud en uitvoering van die aanbiedings – beide wat verskeidenheid en insig betref

 Kom bring dus gerus ‘n middag of vyf in die gemak van die H. B. Thom Teater deur. Toegang is gratis en u is welkom om die volle week, ‘n middag of selfs net een aanbieding by te woon.

Die publiek word ook genooi om op Saterdag 18 Mei om 10.00 die Toekenningseremonie by te woon. Daar word ‘n kort stuk aangebied asook ‘n gesprek oor die stand van drama op skolevlak.

Vir verdere inligting skakel 021 461-4279

Datum:            13 tot 17 Mei 2013

Tyd:                 16h00 daagliks (Toekennings, Saterdag,18Mei om 10h00)

Plek:                H. B. Thom Teater, Stellenbosch

Genre:             Teater aanbiedings deur Skole en Jeuggroepe

Taal               IsiXhosa, Engels 

* Uitgereik deur Johan Esterhuizen (namens  Departement Drama, Universiteit Stellenbosch) Mede organiseerder Buya Skole Teaterfees. 

 

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2009 Stellenbosch Universiteit