Die Drama Departement is by verskillende navorsingsaktiwiteite betrokke en daar word gereeld artikels van die departement se personeel gepubliseer. Verskeie langtermyn navorsingsprojekte (ESAT) is ook al vanuit die departement bestuur. Die Drama Departement huisves ook die South African Theatre Journal (SATJ) wat 'n forum vir akademiese gesprekke oor teater in Afrika bied.
Die Drama Departement beskik ook oor 'n bronnesentrum met tekste, boeke en ander argiefmateriaal oor Suid-Afrikaanse teater. Let daarop dat die bronnesentrum slegs vir die gebruik van nagraadse studente, personeel en formeel geakrediteerde navorsers is, en dat alle boeke en materiaal slegs in die bronnesentrum gebruik mag word, en nie uitgeneem kan word nie.
Volg die skakels na ESAT en die SATJ vir meer inligting. Hierdie webruimtes is egter net in Engels beskikbaar.