Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
»Tuisblad    »Personeel    »Programme    »HB Thom Teater    »Navorsing    »English

Drama » Programme

  
    Voorgraads     
    Nagraads     
    Beurse     
BDram (Program in Drama- en Teaterstudie)

ALGEMENE DOELSTELLINGS

Die doel van die driejarige program is om skeppende uitvoerende en tegniese personeel te lewer vir die Suid-Afrikaanse teater- en mediabedryf, asook verwante terreine (bv. onderwys, skakelwese, joernalistiek en kultuursake). Dit is belangrik om daarop te let dat die opleiding in die eerste twee jaar van studie hoofsaaklik fokus op drama of teater in die tradisionele sin as verhooggesentreerde uitvoerende kuns. In die derde jaar van opleiding val die fokus egter ook op die uitvoerende kunste en die vermaaklikheidsbedryf in die breër sin (insluitend aspekte soos radio, televisie, film, kabaret, woordkuns, revue, musiekteater, gemeenskapsteater, sosiodrama, psigodrama, opvoedkundige teater, fisieke teater en/of industriële teater).


SPESIALISERINGSTERREINE

  • Spel- en spelverwante opleiding:

Toneelspel, beweging, stemwerk en spraak, toneelskryf, musikale teater en kabaret, poppespel, fisieke teater, interaktiewe teater (teater en drama in die onderwys, gemeenskapsteater, teater vir ontwikkeling), en/of spel vir die kamera en radio.

  • Tegniese en bestuursopleiding:

Verhoog- en produksiebestuur, stel, kostuums, rekwisiete, beligting, klank, ontwerp, bemarking en elektroniese media.


TOELATINGSVEREISTES

  • Voldoen aan die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se hoofstroom toelatingsvereistes:
    • NSS met minstens 'n 4 (50%) in elk van vier NSS-universiteitstoelatingsvakke
    • 'n Gemiddelde van minstens 60% vir die TGT's en NSS (uitgesluit Lewensoriëntering) gesamentlik in die verhouding 40:60
    • Huistaal minstens 4 (50%)
    • Eerste Addisionele Taal minstens 4 (50%)
  • Suksesvolle aflegging van die keuringsproses vir die B.Dram-program:
    • Geskrewe opdrag en akademiese profiel
    • Persoonlike oudisie en/of onderhoud
  • Dramatiese Kunste as skoolvak is nie 'n vereiste nie.

Kursusstruktuur / Vakkeuses


(Kliek hier vir Kursusinhoud.)


BASISVLAK (eerste jaar)

Verpligte vakke:

  • Inligtingsvaardighede 172
  • Teaterwetenskap 114, 144 
  • Teatervaardighede 178
  • Teaterkuns 178

Plus een van die volgende opsies:

Opsie 1

Twee van die volgende tale:

  • Afrikaans en Nederlands 178
  • Afrikaanse Taalverwerwing 178 (slegs eerste jaar)
  • Basiese Xhosa 114, 144
  • English Studies 178
  • Duits 178 of 188
  • Frans 178 of 188
  • Xhosa 178 of 188

Opsie 2

Een van bogenoemde tale
Een van die volgende vakke:

  • Antieke kulture 114, 144
  • Visuele Studies 176 en Filosofie 162 
  • Praktiese Musiekstudie E 196

INTERMEDIêRE VLAK (tweede jaar)

Opsie A: Spel

  • Teaterwetenskap 212, 222, 242, 252
  • Teaterkuns 278
  • Teatervaardighede 278
  • Teaterpraktyk 298

Opsie B: Tegnies

  • Teaterwetenskap 212, 222, 242, 252
  • Teatervaardighede 288
  • Teaterkuns 288
  • Teaterpraktyk 298

Opsie C: Onderwysgerigte opleiding - Spel

  • Teaterwetenskap 212, 222, 242, 252
  • Teatervaardighede 278
  • Teaterkuns 278

Een van die volgende tale:

  • English Studies 278
  • Duits 278/288
  • Frans 278
  • Xhosa 214, 244 of 224, 254

Opsie D: Onderwysgerigte opleiding - Tegnies

  • Teaterwetenskap 212, 222, 242, 252
  • Teatervaardighede 288
  • Teaterkuns 288

Een van die volgende tale:

  • English Studies 278
  • Duits 278/288
  • Frans 278
  • Xhosa 214, 244 of 224, 254


GEVORDERDE VLAK (derde jaar)

Opsie A: Spel

  • Teaterwetenskap 314, 324, 344, 352
  • Teaterkuns 379
  • Teatervaardighede 378

Opsie B: Tegnies

  • Teaterwetenskap 314, 324, 344, 352
  • Teaterkuns 389
  • Teatervaardighede 388

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2009 Stellenbosch Universiteit