Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
»Tuisblad    »Personeel    »Programme    »HB Thom Teater    »Navorsing    »English

Programme » BDram Kursusinhoud

  
    Eerste Jaar     
    Tweede Jaar     
    Derde Jaar     
BASISVLAK (eerste jaar)

Verpligte vakke:

  • Inligtingsvaardighede 172
  • Teaterwetenskap 114, 144

Teaterwetenskap behels 'n teoretiese studie van die aard, geskiedenis, teorieë en tegnieke van drama, teater, dans, radio, televisie en film. Daar word geen praktiese werk van studente verwag nie, alhoewel bywoning van teateraanbiedings en ander vertonings 'n inherente deel van die kursus uitmaak en as studiemateriaal benut word.

114 - Inleiding tot die Westerse teater en die beginsels van teksstudie

Inleiding tot basiese begrippe in teaterstudie. Inleiding tot tegnieke en metodes van teksanalise en -interpretasie d.m.v. geselekteerde toneeltekste in konteks, as deel van 'n oorsigtelike geskiedenis van die teater, toneelkonvensies en teateromstandighede van die Westerse drama en teater vanaf die Grieke tot die Renaissance en Shakespeare.

144 - Voortgesette studie van die Westerse teater en die beginsels van teksstudie

Inleiding tot tegnieke en metodes van teksanalise en -interpretasie d.m.v. geselekteerde toneeltekste in konteks, as deel van 'n oorsigtelike geskiedenis van die teater, toneelkonvensies en teateromstandighede van die Westerse drama en teater vanaf Shakespeare tot die twintigste eeu.

  • Teatervaardighede 178

Teatervaardighede behels basiese opleiding in die sleuteltegnieke benodig vir die daarstelling van 'n teaterproduksie ('n performance). Die kursus behels beide teoretiese besinning en praktiese opleiding in verbale en nie-verbale kommunikasie , stemvorming, beweging en tegniese aspekte soos ontwerp en bestuur. Bywoning van en deelname aan teateraanbiedings en ander vertonings maak 'n inherente deel van die kursus uit.

Teatertegnieke

Praktiese oefeninge vir die verwerwing van vaardighede t.o.v. spraak, stemvorming en beweging. Basiese teorie van spraak, stemvorming en beweging.

Onderafdelings:

  • Spraakteorie
  • Bewegingsteorie
  • Beweging Tegniek
  • Stemvorming
  • Afrikaanse Vertolking en English Speech
  • Teaterkuns 178

Teaterkuns behels opleiding in die integrerende tegnieke benodig vir die daarstelling van 'n teaterproduksie ('n performance). Die kursus behels beide teoretiese besinning en praktiese werk. Bywoning van en deelname aan teateraanbiedings en ander vertonings maak 'n inherente deel van die kursus uit.

Inleiding tot Toneelspel en Verhoogvaardighede

Basiese vaardighede in toneelspel en improvisasie. Inleiding tot verhoogkunde en die tegniese versorging van 'n verhoogaanbieding. Basiese teorie van verhoog- en kostuumkunde. Deelname aan teaterproduksies slegs m.b.t tegniese versorging.

Onderafdelings:

  • Toneelspel
  • Teaterteorie
  • Verhoogbestuurteorie
  • Kostuumkunde
  • Beweging Kreatief
  • Inleiding tot Poppeteater

Plus een van die volgende opsies:

Opsie 1

Twee van die volgende tale:

    • Afrikaans en Nederlands 178
    • Afrikaanse Taalverwerwing 178
    • Basiese Xhosa 114, 144
    • English Studies 178
    • Duits 178 of 188
    • Frans 178 of 188
    • Xhosa 178 of 188

Opsie 2

Een van bogenoemde tale
Een van die volgende vakke:

    • Antieke kultuur 114,144
    • Visuele Studies 176 en Filosofie 162 
    • Praktiese Musiekstudie E 196


NAVRAE OOR KURSUSINHOUDE

Teaterwetenskap:

  • Dr. Petrus du Preez (Hoof van Teaterwetenskap)


Teatervaardighede:

  • Me. Mareli Pretorius (Hoof van Stem en  Spraak)
  • Me. Samantha Pienaar-Prigge (Hoof van Beweging)

Teaterkuns:

  • Mnr. Johan Esterhuizen (Hoof van Toneelspel)

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2009 Stellenbosch Universiteit