Faculty of Arts and Social Sciences
»Tuisblad   »Personeel   »Programme   »Nuus en Gebeure   »Seminare en Kongresses   »Publikasies   »CAE    »English  

Huldeblyk deur prof. Anton van NiekerkHuldeblyk deur prof. Anton van Niekerk

Paul Cilliers 1956-2011


We wish to welcome you all at this occasion. For most of us, it defies belief that we are gathered here today to commemorate the completed life of our colleague and friend, Paul Cilliers. We struggle to think of his life as something of the past. Paul, as we got to know him, and whatever else might be said of or about him, was never a man of the past. He was always brimming with enthusiasm for that which is new - new films, new novels, new experiences, new dishes and tastes, new ideas. To think of him and his life as, from now on, part of the ages, is something that we can only manage with severe awkwardness. We feel betrayed. There was still so much that we could learn from him. But, more importantly, there is still so much that he could be be - for Sandra, for his children, for the university and the department, for all of us. Today we feel as if life itself has let us down.

Paul se dood daag ons uit om opnuut in die reine te kom met die realiteit van die dood as wat Heidegger genoem het die mees eintlike kenmerk van die lewe. Die dood is daardie omraming van ons lewens wat versoorsaak dat ons nie net van "die lewe" praat nie, maar van "'n lewe", hierdie lewe, hierdie spesifieke manifestasie van die geheimenis waaruit ons almal put. Paul se lewe het nou "'n lewe" geword, "hierdie lewe", 'n enkele verhaal wat ons van nou af die voorreg het om saam aan  te begin vertel.

In sy bydrae tot die bespreking van 10 "grondvrae" in die geesteswetenskappe wat ons as kollegas in die department in 2008 in By aangepak het, het Paul gekies om te skryf oor die vraag: "Wie is ek?" Wat 'n mens veral opval van sy betoog in daardie kort artikel - kort, maar m.i. een van die beste dinge wat hy ooit geskryf het - was sy diep insig in die feit dat die vraag na wie of wat ek is, op geen manier 'n vraag is wat ek en ek alleen kan beantwoord nie. In die taal wat hy verkies het om dit te formuleer: om te dink dat ek myself kan bepaal en myself volledig kan ken, is om die kompleksiteit van die self te oorvereenvoudig.

Ek haal homself aan: "Ons is wat ons is deur ander mense. My identiteit is nie 'n soort essensiële eienskap wat aan myself behoort nie, dit word geskep en in stand gehou deur my interaksie met ander. Ek is op 'n manier die gevolg van my interaksies. Ek bestaan nie teenoor of naas ander nie, ek bestaan in solidariteit met ander." Soos ander my help skep, so skep ek deur my interaksies ook aan hulle.

This, Paul continues, has the effect that the question about the self is essentially not a metaphysical question, a question about some mystic essence about which we can only speculate, but a moral question. This is the part of this short article that struck me as the most profound. The question who I am, is not only something to discover or to express, but, in a profoundly moral sense, to deeply care about. The fact is that I not simply am what I am. In the way that I am, I have effects on others, and they have lasting effects on me.

Ek haal hom weer aan: "Elke ding wat ek sê of doen, skep iets in die ander wat op sy beurt weer iets in my skep. Ons moet daarom versigtig wees oor wat ons sê of doen. Dit beteken nie dat ons nie soms hard en skerp moet optree nie, maar wat ons doen, gaan nie sommmer weer weg nie. Dit word deel van ander en van ons". Who I am, is therefore co-constituted by what I did and what I do to others. Deeds may be regretted and even sometimes forgiven, but they cannot be undone. In what I do, I show myself.

As kollegas is ons vandag oneindig dankbaar dat Paul geleef het wat hy hier geskryf het. In wat hy gedoen het - in sy geskrifte, wanneer hy na musiek luister, wanneer hy 'n wyn proe, in sy gewerskaf in die kombuis, maar boweal in sy interaksies met ons - het ons homself leer ken. Hy het ons geslyp, en ons het het hom geslyp. Daarom, al is dit dan ook op 'n manier wat ons nie volledig verstaan nie, gaan hy voort onder ons. Die pad wat ons van nou af loop, sal altyd gekarteer wees met die merkers wat hy opgestel het en wat hy ons soms gewaarsku en soms aangenoedig het om in ag te neem.

Ek wil afsluit deur dit wat ek persoonlik veral by hom geleer het, te formuleer in woorde wat ek kry by NP van Wyk Louw. Louw skryf by geleentheid oor die "klein kern van menslikheid" waarvoor dit die moeite werd is om te lewe en te sterwe: "'n geloof aan waarheid wat nie propaganda of vital behoefte is nie (iets waaroor ons in latere jare mekaar al hoe meer gevind het, al het ons vroeër lekker gestry oor die sin van die begrip "waarheid"), skoonheid, wat nie massa of individuele bevrediging is nie, reg, wat nie met onreg aan ander gekoop word nie." Die belangrikste wat ek by Paul kon leer, was die insig in kompleksiteit, en dit word deur Van Wyk Louw soos volg geformuleer: "'n slaaplose agterdog teenoor alle stelsels of intellektuele konstruksies wat die spannings en die tragiek van die heelal wil wegredeneer of oplos".

Anton van Niekerk
11 Augustus 2011

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2009 Stellenbosch Universiteit