Faculty of Arts and Social Sciences
»Tuisblad   »Personeel    »Programme    »Navorsing    »Nuus & Gebeure    »English   

  
    Welkom     
    Verwante skakels     
    Kontak ons     

Hierdie webtuiste is op 1 April 2004 geloods en met die doel om jou van die nuutste inligting oor ons departement te voorsien. Hier sal jy inligting kry oor die kursusse wat ons aanbied, ons departement se personeel, ons studentevereniging, konferensies en seminare wat ons aanbied, en veel meer! Kom besoek ons asseblief weer namate ons webtuiste groei.

Geskiedenis is 'n dissipline met vele dimensies, maar die hoofdoel daarvan is om verandering oor tyd te verduidelik. Hoe ons verandering hanteer, in ons persoonlike lewe of in die breë samelewing, hang af van die mate waartoe ons ingelig is. Hierdie departement streef daarna om studente van die nodige intellektuele vaardighede te voorsien om die prosesse van veranderinge te verstaan en om hulle bloot te stel aan geskiedkundige debat oor die vraag of verandering altyd vooruitgang impliseer. Ons nooi jou om by ons aan te sluit vir hierdie opwindende intellektuele tog.

Sluitingsdatum vir Nagraadse Aansoeke: 30 Oktober 2010

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2009 Stellenbosch Universiteit