GESKIEDENIS 114 (Eerste Semester)
INLEIDING TOT DIE VERNAAMSTE GLOBALE PATRONE EN ONTWIKKELING IN DIE GESKIEDENIS (OF GLOBALE ONTWIKKELING: BESKAWINGS, KOLONISASIE EN INDUSTRIALISASIE [OF 'N BEKNOPTE GESKIEDENIS VAN DIE AFGELOPE VYF MILJOEN JAAR)
· Ewolusie van die mensdom
· Nomadiese samelewings
· Die landbourevolusie en die opkoms van gevestigde samelewings
· Die ontwikkeling van komplekse samelewings
· Die opkoms van moderniteit en die industriële revolusie
· Die historiese konstruering van die moderne globaliserende wêreld
In hierdie kursus sal ons die breë patrone van die mens se geskiedenis op al die kontinente ondersoek, van vroeë voorouers van vyf miljoen jaar gelede, tot die opkoms en ondergang van antieke beskawings en voorbeelde van verandering in betreklik moderne samelewings. Ons sal die volgende vrae vra: Wat kan Geskiedenis ons leer? Waarom het Geskiedenis sulke uiteenlopende paaie gevolg vir mense van verskillende kontinente? Waarom het beskawings ontwikkel en verval? Wat is 'beskawing'? 'n Belangrike tema in hierdie kursus is die verskillende roetes wat geskiedenis vir mense van verskillende kontinente gevolg het. Eurasiërs, veral mense van Europa en Oos-Asië, het oor die aardbol versprei, om te koloniseer en die moderne wêreld in terme van rykdom en mag te oorheers. Ander mense, insluitende die meeste Afrikane, het oorleef, en het die juk van Europese oorheersing afgegooi, maar bly ver agter ten opsigte van materiële goedere en militêre krag. Ander, insluitende die oorspronklike inwoners van Australië, die Amerikas en Suider-Afrika, is nie meer in beheer van hulle eie land nie, maar is onderwerp, of uitgewis, deur Europese koloniste. Ons soek moontlike redes: Waarom menslike ontwikkeling die afgelope 13 000 jaar teen sulke verskillende tempo's op verskillende kontinente plaasgevind het? Hierdie verskillende tempo's maak die breedste geskiedkundige patroon uit. Dit bly die grootste onopgeloste probleem van die geskiedenis, en vorm deel van ons onderwerp in hierdie kursus. Ons ondersoek idees oor kolonialisme - die uitbreiding van die 'Ou Wêreld' na die 'Nuwe Wêreld'. Ons kyk na die 'Stormloop vir Afrika'. Ons ontdek die industriële revolusie en wat dit weerspieël het in terme van die verskillende militêre en ekonomiese kragte tussen die 'Ou Wêreld' en die 'Nuwe Wêreld'. Ten slotte ondersoek ons die groot tema 'globalisering' - wat dit beteken en hoe dit ontwikkel het.
Dit is die beste plek om met jou studie van geskiedenis te begin. Dit vorm die grondslag vir die meer uitvoerige gevallestudies en temas wat jy in jou tweede en derde jaar sal bestudeer. Selfs al is hierdie jou enigste ontmoeting met die vak Geskiedenis, sal dit jou 'n beter begrip gee van die wêreld en waarom dit is soos dit is.
GESKIEDENIS 144 (Tweede semester)