Welkom
Die Departement Algemene Taalwetenskap vorm deel van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Die Departement bied voorgraadse modules aan in Algemene Taalwetenskap asook in Applied English Language Studies (AELS). Op nagraadse vlak bied die Departement vier Meestersprogramme aan: MA in Taalwetenskap vir die Taalprofessies, MPhil in Tweedetaalstudie, MPhil in Interkulturele Kommunikasie, en MA in Taalwetenskaplike Teorie.
Die Departement is ook betrokke by verskeie navorsingsprojekte, onder meer oor interkulturele diskoers in die gesondheidsdiens, taalverandering en taalverskuiwing in plaaslike gemeenskappe, spesifieke taalgestremdheid in Afrikaans, Engels-Afrikaanse kodewisseling en aspekte van Afrikaanse sintaksis.
|
 |
|
|