TerugTerug

BComm(Bestuurswetenskappe) graad
in Afrikaans of Engels

by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
van die Universiteit Stellenbosch

Die BComm(Bestuurswetenskappe) program word vanaf die 2012 eerstejaarsinname volledig in studente se taalvoorkeur (Afrikaans of Engels) aangebied. Hierdie graad sluit 'n verskeidenheid van relevante vakgebiede in, met hoë markaanvraag in die volgende fokusareas tot in die finale jaar: Bedryfsielkunde, Bemarkingsbestuur, Ekonomie, Entrepreneurskap en Innovasiebestuur, Finansiële Bestuur, Informasiestelselbestuur, Kwantitatiewe bestuur, Logistieke bestuur, Projekbestuur, Strategiese bestuur en Vervoerekonomie.

Raak deel van kwaliteit onderrig in 'n meertalige en multi-kulturele kampus.
Hierdie inisiatief vorm deel van die US se HOOP projek.

Vir meer inligting oor toelatingsvereistes, keuring, taalbeleid, beurse, aansoekprosesse, ens. gaan na die web by www.sun.ac.za/ems of www.maties.com. Andersins e-pos ons na info@sun.ac.za of bel na 021 8089111.


Departement Ekonomie: Openbare lesing
Datum: Dinsdag 8 Mei 2012 Tyd: 18:00-20:00 Lokaal: CGW Schumanngebou, Tweede vloer, Lokaal 204 Spreker: Prof Léonce Ndikumana (Universiteit van Massachusetts by Amherst) Onderwerp: The extent of and reasons for capital flight from Africa: implications for economic policy RSVP: ‘n Skemerkelkie funksie word na afloop van die openbare lesing gehou. Indien u die lesing en [...]
Departement Ekonomie: Navorsingseminaar
Datum: Donderdag 10 Mei 2012 Tyd: 12:00-13:00 Lokaal: CGW Schumanngebou, Vyfde vloer, Lokaal 505 Spreker: Prof Léonce Ndikumana (Universiteit van Massachusetts by Amherst) Onderwerp: Africa’s emerging “new partners”, with special reference to China Let asseblief daarop dat daar slegs 30 sitplekke beskikbaar is in die lokaal. Indien u die seminaar wil bywoon, skryf asseblief u [...]
Departement Ekonomie: Navorsingseminaar
Datum: Maandag, 30 April 2012 Tyd: 12:00-13:00 Lokaal: CGW Schumanngebou, Vyfde vloer, Lokaal 505 Spreker: Marisa Coetzee (Universiteit Stellenbosch) Onderwerp: Who benefits most? Results from a benefit incidence analysis of South African education. Let asseblief op dat daar slegs 30 sitplekke beskikbaar is in die lokaal. Indien u die seminaar wil bywoon, skryf asseblief u [...]
Fakulteit EBW en Vigssentrum vier hoop
Opwindende musiekvertonings en stalletjies was deel van die Universiteit Stellenbosch (US) se Afrika-sentrum vir MIV/Vigsbestuur en die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) se vierings Vrydag (13 April) as deel van die HOOP Week. Die suksesse van die US se HOOP Projek word tans met ?n week lange program van lesings tot rolprentvertonings gevier. Sedert die [...]

Kliek hier vir nog nuus...



Find results that

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2012 Stellenbosch Universiteit