Die
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bied 'n wye reeks
voorgraadse en nagraadse graadprogramme aan wat in al die markbehoeftes
van die breë besigheidswêreld voorsien. Die
voorgraadse programstruktuur bestaan uit vier breë en vyf
professioneelgerigte programme. 'n Verdere twee programme kombineer met
studie in die Regsgeleerdheid. Daar is meer vryheid binne die breë
programme ingebou om 'n graad te verwerf wat die persoonlike
belangstellings en keuse van beroep van voornemende studente kan
bevredig. Al die genoemde grade lei ook tot nagraadse studie, wat verdere spesialisasie beteken. Internasionale studente is ook welkom om deel te neem aan geselekteerde programme. Verwys na die webblaaie van die internasionale kantoor vir verdere inligting hieroor.