Vir Alumni

ALUMNI KLAS- EN GRADEDAGFEES DESEMBER 2011

UITNODIGING

Beste graduandi en alumni

 

Prof Johann de Villiers, Dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, nooi jou hartlik uit na ons fakulteit se tweede Alumni-klasdag.

 

Kom geniet ’n oggend saam met jou ou klasmaats, jou gunsteling dosente en ontmoet ons 2011 graduandi. Relevante onderwerpe in die hedendaagse sakewęreld sal deur kundiges binne ons fakulteit bespreek word. Sluit daarna by ons aan vir ʼn vonkelwyngeleentheid waartydens ons ʼn glasie sal klink op ons 2011 graduandi.

Die klasdag is die ideale geleentheid om jou eie netwerk te verstewig. Ons sien daarna uit om jou weer op die Stellenboschkampus te verwelkom.
 

 

Datum:

Donderdag 8 Desember 2011

 

Plek:

Schumann-gebou

 

Tyd:

09:00 – 12:00

 

Drag:

Gemaklik, informeel

 


Aanlynbesprekings:
RSVP vóór Maandag 5 Desember 2011.

Klik hier vir die program.

Navrae: Marvin Koopman by 021 808 9265 of per e-pos by
marvin@sun.ac.za

 


 

NUUS OOR VERLEDE JAAR SE GELEENTHEID:

ALUMNI KLAS- EN GRADEDAGFEES DESEMBER 2010 

Meer as 400 mense het van alle uithoeke van Suid-Afrika opgedaag om op 8 Desember te deel in die eerste Alumnidag van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.  Maar nie net alumni het die dag bygewoon nie, ook pas gegradueerdes, studente wat vir 2011 by die Fakulteit geregistreer het en hul ouers het van die geleentheid gebruik gemaak om ou kennisse op te soek en om die kampus te verken.

Soos een alumnus opgemerk het: “Die kampus het nogal baie verander sedert ek in 1975 graad gekry het. Maar tog is daar soveel dinge wat my onmiddellik terugvoer na my studentedae. Dis heerlik om weer hier te wees.”  Vir Maritza Titus, ʼn menslike hulpbronbestuurder en voorsitter van die USB se alumnikomitee in Namibië, was die dag ʼn geleentheid om nuwe sakekontakte te maak.  “Vir mense in die sakewęreld kan die Alumnidag waardevol wees want ʼn mens kan hier ook jong talent onder die studente en pas afgestudeerdes identifiseer,” het sy gesę.

Gaste kon ook uurlange parallelle lesingsessies bywoon met interessante gesprekke oor ʼn verskeidenheid onderwerpe - Alternatiewe provinsiale grense vir Suid-Afrika – ʼn Logistieke aanslag (prof. Hannelie Nel), Herwinbare energiegeleenthede: oorgange na ʼn volhoubare Afrika (prof. Alan Brent), Leierskap-vereistes vir die volhoubaarheidsuitdaging (dr. Arnold Smit), Hoe om die kurperhengelaar se hoek te ontduik (prof. Rika Butler), Generasie Y besig om speel-speel te werk (mnr. Len Steenkamp), Hoe om kliënte te behou en langtermyn winsgewendheid (prof. Nic Terblanche) en Die verwesenliking van Suid-Afrika se ekonomiese potensiaal in die 21ste eeu (prof. Rachel Jafta). Daar was ook ʼn paneelbespreking Sake van die dag en toekomstige uitdagings in die bedryfsielkunde deur proff. Amos Engelbrecht, Ronel du Preez en Callie Theron met prof. Johann Malan as gespreksleier.

Uit die sprekers se lesings, was dit duidelik dat die natuurlike omgewing en volhoubaarheidsbeginsels sentraal moet staan in die sakewęreld. Dr. Arnold Smit van die USB het onder meer gesę leierskap in die sakewęreld behels  dat  gehoor gegee word aan die vereistes van volhoubaarheid.  Hier geld twee beginsels:  Op biologiese vlak moet geleer word om om aan te pas by die wette van die natuur en op politieke vlak moet daarna gestreef word om  materiële standaarde te verbeter deur  alternatiewe ekonomiese beginsels toe te pas. Ons  huidige opset stel die gemeenskap en omgewing ondergeskik aan  die dwang van ekonomiese groei en vooruitgang met ernstige skadelike gevolge vir veral die omgewing.  Dit is onvolhoubaar.  Ons benodig ʼn nuwe paradigma van balans tussen ekonomie, gemeenskap en omgewing.  Dit kan net gebeur as ons ʼn ekonomiese model vind wat pas binne die moontlikhede wat ʼn beperkte omgewing vir ons toelaat.

Daar is ook in twee afsonderlike lesings verwys na Generasie Y, oftewel die millenniums,  en die eise wat hulle na die werkplek toe bring.

Mnr. Len Steenkamp van die Departement Rekeningkunde  het gesę die generasie (wat ongeveer tussen 1978 en 1996 gebore is) is verslaaf aan positiewe terugvoer. Dit is dus noodsaaklik dat werkgewers meer gereeld prestasiebeoordelings moet gee.

Die generasie word sterk gevorm deur hul ouers, wat beskryf word as helikopter ouers. Die ouers is deurentyd in die agtergrond besig om hulp en raad aan die jong mense te gee. In Amerika is dit byvoorbeeld algemeen vir ouers om hul kinders se werkgewers te bel en navraag te doen oor waarom hul kind nie bevorder is of swak evaluerings gekry het.

In haar lesing het Ronel du Preez, mede-professor aan die Departement Bedryfsielkunde gesę die generasie verwag om volgens prestasie vergoed te word in die werkplek. Hulle is nie bereid om onder te begin en jare lank te wag voordat hulle met die uitvoerende hoof van die maatskappy kennis maak nie. Hulle wil dit onmiddellik doen. Die generasie wil vroeg in hul loopbaan al kontak maak met mense wat hulle kan help om hul loopbaandoelwitte te bereik.

Korrupsie en slenters was nog ʼn gewilde onderwerp. In sy voorlegging het prof. Amos Engelbrecht, van die Departement Bedryfsielkunde daarop gewys dat Suid-Afrika van die hoogste korrupsievoorvalle ter węreld het.  Hy het ʼn pleidooi gelewer dat sakeleiers ʼn kultuur van etiese gedrag in hul maatskappye vestig en mense identifiseer wat morele en etiese leierskap kan bied.

Prof. Rika Butler, van die Departement Rekeningkunde het  oor kuberhengel (phishing) en die metodes wat kuberhengelaars inspan om slagoffers om die bos te lei as ʼn vorm van diefstal  gepraat. Die meeste voorvalle van kuberhengel  kom in die betalingsektore  (37%) voor, gevolg deur die finansiële sektor (35,9%), gevolg deur “ander sektore” (17,9%),  veilings (8,3%) en kleinhandel  (0.9%).

 Butler het ook verskeie voorbeelde gewys van waarna verbruikers moet oplet om hulself teen kuberhengelaars te beskerm.

 Prof. Johan de Villiers, dekaan van die Fakulteit, was hoog in sy skik met die verloop van die Alumnidag.

“Die terugvoering was uiters positief. Dit is belangrik om nie net studente en alumni nie, maar ook die ouers by die Fakulteit-familie te betrek. Dit was opvallend hoe alumni die geleentheid aangegryp het om hul ou vriende op te soek en hul herinneringe te deel.”

 

 









'n WEBPORTAAL vir oudmaties!
Op www.matiesalumni.net kan jy:

Jou besigheid en of diens aan ander Oudmaties adverteer
jou Oudmatie vriende opsoek
Direk met die Universiteit en ander alumni kommunikeer via 'n gespreksforum
Op hoogte bly van belangrike gebeure by die Universiteit
Op hoogte bly van Alumni-byeenkomste en -aktiwiteite węreldwyd
Daaglikse nuusbrokkies oor kampusgebeure lees
‘n Fotogalery met pragfotos van die kampus en omgewing deurkyk
Jou persoonlike kontakinligting opdateer
Jou akademiese geskiedenis nagaan
Jou eie kampusstorie vertel
En nog vele meer! Kom loer gerus in!

Sommige inligting in MatiesAlumni.net, is van persoonlike aard en moet daarom beskerm word. Deur aan te teken kry jy toegang tot hierdie inligting.
Username
Password

ALUMNI wie nog nie geregistreer het nie, stuur asseblief 'n versoek vir gebruikersnaam en wagwoord na alumni@sun.ac.za

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2006 Stellenbosch Universiteit