TerugTerug
Wie is ons?

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, die grootste fakulteit aan die Universiteit, is 'n lewenskragtige en innoverende omgewing. Die steeds groeiende studentekorps, voor- sowel as nagraads, die gehalte van studente en die gevolglike gesogtheid van afgestudeerdes, binne- sowel as buite ons landsgrense, word toegeskryf aan die vermoë om deurlopend aan te pas en vernuwend te bly.

 

Toepaslike navorsing en 'n indrukwekkende netwerk van nasionale en internasionale kontakte in die akademiese sowel as in die bedryfswêreld, gesteun deur moderne elektroniese geriewe en bedryf deur 'n hoogs toegewyde en bekwame korps van dosente en navorsers, aangevul met 'n groot aantal eksterne vakspesialiste en praktykkundiges in die hoedanigheid van gasdosente, bly steeds die sleutel tot die aansien van die fakulteit en onderskraag die strewe na gehalte en relevansie.

 

Opleiding in die ekonomiese wetenskappe berei studente voor vir 'n wye verskeidenheid professionele en ander poste in die bedryfslewe.

 

Die fakulteit, wat al talle prominente sakeleiers en entrepreneurs opgelewer het, ondervind steeds 'n sterk toevloei van briljante studente aan wie gehalte opleiding en by wyse van uitstekende graadprogramme verskaf word. Die fakulteit, as sentrum van uitnemendheid, is dus uitstekend toegerus om sy studente voor te berei op die uitdagings van die beroepslewe en om die Suid-Afrikaanse gemeenskap en, meer bepaald, die sakegemeenskap te dien.


FakulteitsbestuurFakulteitsbestuur
FakulteitstrategieFakulteitstrategie
Die geskiedenis van die FakulteitDie geskiedenis van die Fakulteit

 

 

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2012 Stellenbosch Universiteit