Die geskiedenis van die fakulteit
In 1925 is hierdie fakulteit - toe nog die Fakulteit Handel en Administrasie - amptelik as selfstandige fakulteit aan die US ingestel.  In 1926 staan daar opgeteken in die annale van die Universiteit van Stellenbosch: "Op voordracht van den Senaat heeft de Raad besloten tot die daarstelling van een Fakulteit van Handel".  Die Senaat het toe reeds 'n groot toekoms vir die nuwe fakulteit aangedui en kon net die volgende jaar al konstateer in die werksaamhedeverslag dat die verwagting meer as bewaarheid is, want   " 'n fakulteit wat sy getalle in een jaar feitlik kan verdubbel, het sonder twyfel sy bestaansreg ten volle bewys."  'n Vierjarige BComm-diplomakursus was egter reeds in 1922 ingestel en twee studente het daarvoor ingeskryf.

Die fakulteit se naam het in die laat tagtigerjare verander vanaf Handel en Administrasie na Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Die stigting van hierdie fakulteit is moontlik gemaak deur 'n ruim skenking wat deur die Helpmekaar-Vereniging van Kaapland gemaak is - dié vereniging het in 1921 besluit om 'n beurs van £150 per jaar vir drie jaar tot die beskikking van die universiteit te stel met die oog op die opleiding van iemand wat later aan die beoogde Handelsfakulteit op Stellenbosch aangestel sou kon word. Hierdie beurs is aan CGW Schumann toegeken.  Prof CGW Schumann (foto), wat in 1924 as senior lektor in Handelsekonomie aangestel is, het in 1936 dekaan geword. Teen die tyd van sy aftrede in 1960 het hy die Handelsfakulteit uitgebou tot een van die toonaangewendste in die land. Hy kan met reg as die ware grondlegger van die fakulteit beskou word. Ander dekane was proff DEW Schumann (1975-1985), IJ van Biljon (1986-1989), SM Swart (1990-1995), JA Matthee (1996-2001), E Calitz (2001-2002).   Laasgenoemde is deur die huidige dekaan, prof JU de Villiers in 2003 opgevolg.

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het oor tyd sterk gegroei - van slegs 15 studente in 1925, 96 in 1942, 282 in 1945 tot 5 309 in 2001 - en is sedert 1991 die grootste fakulteit aan die US  met 'n studentegetal van 6692 in 2006.  

Vandag huisves die fakulteit die volgende instellings:

Prof CGW Schumann

Die Statistiek en Rekeningkundegebou wat vroeër die meeste departemente binne die fakulteit gehuisves het.
Terug na boTerug na bo

 
 
Terme en Voorwaardes(.pdf)
Alle regte voorbehou © 2006 Stellenbosch Universiteit