ONDERRIG

Die Fakulteit Ingenieurswese word gekenmerk deur onderrig van gehalte, die voortdurende vernuwing van onderrig- en leerprogramme en die daarstelling van effektiewe leer- en studiegeleenthede. Universiteit Stellenbosch hom verbind tot 'n uitwaartse beweging binne Suid-Afrika en Afrika, sowel as globaal. As 'n uitnemende akademiese instelling en gerespekteerde kennisvennoot, het die Universiteit ten doel om die wetenskaplike, tegnologiese en intellektuele kapasiteit van Afrika te bevorder...

Meer »
NAVORSING

Dit is met trots dat ons die navorsing van die Fakulteit Ingenieurswese aan u bekendstel en ons betoon graag ons dank teenoor ons gemotiveerde en hardwerkende navorsingspanne wat almal saamwerk aan een gesamentlike navorsingsvisie vir die Fakulteit.

Wanneer u  met die Fakulteit Ingenieurswese by Universiteit Stellenbosch saamwerk, betree u 'n  internasionaal erkende węreld  van navorsing en leer.

Navorsingsbrosjure

Meer »
GEMEENSKAPSINTERAKSIE

Die Universiteit Stellenboch en die Fakulteit Ingenieurswese streef daarna om behoeftes van die gemeenskap deur diens en ontwikkelingsprogramme aan te spreek. Ons studente, dosente en personeel, asook interne en eksterne bronne en kollegas, dra by tot hierdie poging. Dit is die personeel van die Fakulteit se daaglikse doelwit om deur middel van hul navorsingswerk 'n beter lewe vir elke Suid-Afrikaner te skep en te help ontwikkel.

Ingenieurswese Opedag
Saterdag 20 April 2013
09:00 tot 15:00

 



 


Meer »

Terme en Voorwaardes(.pdf)
Webregulasie (.pdf)
Alle regte voorbehou © 2007 - 2011 Stellenbosch Universiteit