Prosesingenieurswese sluit twee hoofdissiplines in:
Chemiese Ingenieurswese
en
Mineraalprosesseringsingenieurswese
As ingenieurs speel ons 'n sleutelrol in die chemiese prosesse wat gebruik word om rou grondstowwe na waardevolle produkte te omskep - produkte wat ons elkeen elke dag gebruik. Ons help deur middel van die gebruik van ons kennis van wetenskaplike en ingenieursteorie om die verskillende industriële vervaardigingsprosesse te ontwikkel en dit meer doeltreffend te maak. Op hierdie manier dra ons by tot die ontwikkeling van globaal kompeterende nywerhede. Vir meer inligting oor die werk van 'n chemiese ingenieur, lees verder.
By die Departement Prosesingenieurswese by Universiteit Stellenbosch, bied ons uitstekende onderrigfasiliteite aan wat jou sal help om jou droom om 'n chemiese ingenieur te word, te verwesenlik. Ons bied ook die kundigheid en ervaring van ons hoogs gekwalifiseerde akademiese personeel in samewerking met die industrie aan in die onderneming van navorsing tot voordeel van die samelewing in terme van verhoogde opbrengs, meer effektiewe stelsels en prosesse, asook om meer omgewings verantwoordelik te wees. Aan huidige studente, sluit aan by ons nagraadse span in hierdie hoogs dinamiese veld met verskeie interessante uitdagings en 'n diverse verspreiding van geleenthede.
Ons is trots op ons hoë standaarde van onderrig: ons 4 jaar BIng-grade is deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) geakkrediteer vir registrasie van gegradueerdes as Professionele Ingenieurs. Die grade word ook in die oorsese lande erken wat ondertekenaars van die Washington Accord is, soos Australië, Hongkong, Ierland, Japan, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika.
Dankie dat u ons webblad besoek het en kontak ons gerus met enige navrae of aanbevelings, ons sal graag van u hoor.
Bemeester Prosesse!