|
Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe bied weer vanjaar hierdie geleentheid aan op Woensdag en Donderdag 15 en 16 Augustus 2012. Dit beloof om 'n stimulerende program te wees en sal dien as toonvenster vir die nuutste navorsing deur studente en navorsers van die Tygerbergkampus.
Die Tygerberg Akademiese kampus is die tuiste van ongeveer 2500 voor- en nagraadse mediese studente, 700 Mediese dokters waarvan 150 Spesialiste is, asook heelwat lede van aanvullende gesondheidsberoepe. Die kampus en Tygerberg Hospitaal kompleks saam het 'n gekombineerde personeelkorps van om en by 7000, en versorg daagliks dieselfde aantal pasiënte. Die Akademiese Jaardag het toenemende blootstelling in die plaaslike media wat 'n belangrike rol speel om publieke bewustheid en deelname aan te wakker.
Die uitleg vir die Akademiese Jaardag is as volg:
Woensdag 15 Augustus
- Verskeie parallelle sessies van verskillende belange groepe, in aparte lesinglokale in die Fakulteit.
- Die beste voordrag en plakkaat by elkeen van die hierdie sessies word aangewys aan die einde van die betrokke sessie. 'n Kort geleentheid sal die volgende dag gehou word waartydens die algehele pryswenners van die vorige dag se parallelle sessies aangekondig word.
Donderdag 16 Augustus
- Die gebruiklike spiespunt lesings (insluitende die AJ Brink Spiespunt lesing) deur kundiges uit die verskillende belangegroepe, sal gelewer word.
- Aankondiging van die vorige dag se parallelle sessie wenners.
- Die gasspreker: sal bevestig word.
Ons nooi u hartlik uit om nog 'n besondere geleentheid op die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se program by te woon.
Sien u daar!
|
|
|
 |