Departement Biomediese Wetenskappe


» Departement Biomediese Wetenskappe TUIS
» Anatomie en Histologie
» Geneeskundige Fisiologie
» Molekulêre Biologie en Mensgenetika

Die departement Biomediese Wetenskappe (BMW) is saamgestel uit die afdelings Anatomie en Histologie, Geneeskundige Fisiologie en Molekulêre Biologie en Mensgenetika. 

Akademici in BMW doseer hoofsaaklik Anatomie en Fisiologie aan alle voorgraadse studente van die Fakutleit Gesondheidswetenskappe asook spesialiteitsgroepe (MMed, MChD) en privaatstudente (sielkundiges) wat nagraadse neuroanatomie opleiding ontvang.  Alle studente by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe neem beide vakke as verpligte vereistes vir hul graad.

Die afdeling Geneeskundige Fisiologie bestudeer die normale funksies van biologiese sisteme van die liggaam, sowel as die wyse waarop hierdie sisteme met mekaar skakel. 

Die afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika is 'n navorsingseenheid wat hoofsaaklik toegespits is op tuberkulose en oorerflike genetiese siektes.

BMW word in die FISAN-gebou gehuisves (FISiologie en ANatomie) en is een van die grootste departemente van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

'n Aantal belangrike MNR-verwante navorsingseenhede resorteer ook onder BMW - onder andere die Desmond Tutu TB Sentrum, Angs- en Stresstoornis Navorsingseenheid, MNR Sentrum vir Molekulêre- en Sellulêre Biologie, DST-NRF Centre of excellence for Biomedical TB Research, die Kardiologie Navorsingsgroep en die Eksperimentele Suikersiekte Navorsingsgroep. 

Die nuutgestigte Morfologiemuseum spog met die mees diverse uitstalling van mediese en medieseverwante items in een lokaal in Suider-Afrika en is op 'n kleiner skaal vergelykbaar met die Hunterian Museum te "The Royal College of Surgeons" in London, VK.





Uitvoerende Hoof: Prof PD van Helden
Kwalifikasies: PhD (Kaapstad), Buitengewone Professor
Tel: +27 21 938 9401
Faks: +27 21 938 9476
E-pos:

Kontakpersoon: Sekretaresse: Me Fransonette van Heerden 
Tel: +27 21 938 9401
Faks: +27 21 938 9476
E-pos:  fransonette@sun.ac.za

Terug na bo


 




  Alle regte voorbehou © 2010 Fakulteit Gesondheidswetenskappe  Terme van gebruik (Engels)