Die term mikrochirurgie verwys na chirurgiese tegnieke wat met die hulp van 'n operasie mikroskoop of loupe onder baie sterk vergroting uitgevoer word.
Mikrochirurgiese tegnieke word gebruik in die disektering van baie klein strukture asook die hegting van baie klein bloedvate en senuwees. Mikrochirurgiese rekonstruksie word gebruik om moeilike rekonstruktiewe probleme op te los, nadat ander opsies nie die verlangde uitwerking of resultate lewer nie. Vrye weefsel oorplanting is 'n rekonstruktiewe prosedure wat van mikrochirurgiese tegnieke gebruik maak en word op gereelde basis in ons departement van plastiese chirurgie gebruik en is veral van toepassing in die volgende kliniese gevalle:
- Bors rekonstruksies
- Kop en nek kanker rekonstruksies
- Hand chirurgie
- Rekonstuksie van die laer ekstremiteite
- Reanimasie chirurgie van die gesig
- Rekonstruksie van die manlike en vroulike genitalia
Alhoewel mikrochirurgiese tegnieke hoofsaaklik in plastiese chirurgie gebruik word, is dit ook van toepassing op die meeste ander chirurgiese spesialiteite.
Die Universiteit van Stellenbosch het 'n lang geskiedenis van mikrochirurgiese opleiding in die afdeling Plastiese chirurgie. Mikrochirurgiese kursusse word reeds sedert die eerste vrye weefsel oorplantings by die Tygerberg Hospitaal uitgevoer is, op gereelde basis aangebied.
Verskeie mikrochirurgiese kursusse word op gereelde basis by die mikrochirurgiese laboratorium deur Gert Engelbrecht, die laboratorium hoof aangebied. Daar word ook be-oog om binnekort vrye flap kursusse op 'n gereelde basies aan te bied. Hierdie kursusse sal uit drie dele bestaan, naamlik:
Mikrochirurgiese vaardighede, flap desseksies op kadawers en lewendige chirurgiese gevalle. Die mikrochirurgiese laboratorium bied ook op aanvraag die volgende werkswinkels aan in spesialis prosedures op rotte en muise:
- Hart oorplantings (rotte)
- Nier oorplantings (rotte)
- Nefrektomies (rotte en muise)
- Hipatektomies 80% (rotte en muise)
- Onderhuidse inplanting van konstante binne-aarse infusie pompe (rotte en muise)
Ons kan bogenoemde prosedures aan navorsers of departemente lewer op aanvraag.