|
|
geneeskunde :: Farmakologie
|
|
Die Afdeling is deel van die Departement Geneeskunde, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Stellenbosch Universiteit, Tygerbergkampus. Ons Toksikologie laboratorium voorsien 'n 24 uur terapeutiese geneesmiddel bepaling en toksikologiese analitiese diens aan Tygerberghospitaal, sowel as aan ander hospitale in die Kaapse Skiereiland. Die Tygerberg Gifinligtingsentrum (http://www.sun.ac.za/poisoncentre) bied ook 'n 24 uur Toksikologie/Farmakologie konsultasiediens nasionaal aan, sowel as aan lande buite die grense van die RSA. Voorgraadse opleiding van mediese studente is in 'n praktiese kliniese gerigte kurrikula geďntegreer. Bydrae tot die geďntegreerde kursusse word op alle vlakke vanaf die eerste tot die finale jaar van studie gemaak. Ons BSc Honneurs kursus is so gestruktureer dat dit vir studente die moontlikheid bied om by navorsingsprogramme in die Afdeling betrokke te raak. Parallel lopende besprekings en lesings dek hedendaagse aspekte van kliniese- sowel as molekulęre farmakologie/biologie. Die MSc kursus is voltyds en in geheel op navorsingsprojekt gebaseer. Die PhD kursus is ook voltyds en in geheel op navorsing gebaseer.
|

Hoof: Prof. Bernd Rosenkranz, MD, PhD, FFPM Tel: +27 21 938 9331 Faks: +27 21 932 6958 E-pos: rosenkranz@sun.ac.za
Kontakpersoon: Sekretaresse - Me Lejandra Hanekom Tel: +27 21 938 9045 Faks: +27 21 932 6958 E-pos: lejandra@sun.ac.za Fisiese adres: Afdeling Farmakologie, 7de Vloer, Kliniese Gebou, Departement Geneeskunde, Fakulteit Gesondheidswetenskappe Posadres: Posbus 19063, Tygerberg, 7505.
|
|
|
Ander personeel:
- Prof JM van Zyl - Senior Lektor / Navorser - jmvzyl@sun.ac.za
- Vakant - – Mediese Spesialis Kliniese Farmakologie
- Dr HI Seifart - Senior Spesialis Wetenskaplike - hse@sun.ac.za
- Ms CJ Marks –- Direkteur, Tygerberg Gifinligtingsentrum - carinem@sun.ac.za
- CA Wium - Eerste Mediese Wetenskaplike - caw@sun.ac.za
- Vakant - Navorser
- Die Gifinligtingsentrum bestaan uit 'n groep Konsultant Spesialis Kliniese Toksikoloë.
- Ons Toksikologie laboratorium bestaan uit 'n span van ses Geneeskundige Tegnoloë en is onder die toesig van die Assistent Direkteur Mediese Tegnoloog, Mr JH de Bruyn.
- Die afdeling steun 'n groep nagraadse studente (BSc Hons, MSc, PhD, Nagraadse Diploma Farmaseutiese Geneeskunde)
Spesiale Belangstellings / Navorsingsprojekte
- Kliniese farmakologie van HIV en TB middels
- Pediatriese kliniese studies
- Diffussie kinetika van geneesmiddels oor epiteel en mukosa sellae
- Sintese en aktiwiteitsbepaling van nuwe HIV tru-transkriptase inhibeerders
- Biologiese toksikologie van natuurlike gifstowwe en middels
- Farmakometrika, insluitende populasie farmakokinetika van geneesmiddels
- Farmaseutiese Medisyne.
|
 |