|
Die doel van die program is om die studente op te lei om professionele funksies te vervul ten opsigte van: voorkoming, identifisering, taksering, diagnose en behandeling van kommunikasieafwykings; berading van persone met kommunikasieafwykings en ander noemenswaardighede; konsultasie en navorsing op die gebied van kommunikasieafwykings; onderrig en opleiding van verwante professionele of relevante lekepersone; bestuur van programme voorsien deur spraak-taal- en gehoorterapeute aan kliënte met kommunikasieafwykings in gesondheid-, opvoedkunde- en privaatkontekse.
Afwykings van vlotheid en stem is ingesluit in die bogenoemde velde van die praktyk, asook sluk- en voedingsafwykings.
Studente moet die bogenoemde funksies kan uitvoer in ten minste twee tale, asook gebaretaal.
|
|
|

Hoof: Mev Berna Gerber Tel: +27-21-938 9494 Faks: +27-21-938 9737 E-pos: berna@sun.ac.za
Kontakpersoon: Mev Faheema Losper Tel: +27 21 938 9494 Faks: +27 21 938 9737
|
|
|
 |