Departement Mediese Beelding en Kliniese Onkologie


» Mediese Beelding en Kliniese Onkologie TUIS
» Kerngeneeskunde
» Radiodiagnose
» Stralingsonkologie
» Mediese Fisika

Die departement Mediese Beelding en Kliniese Onkologie is saamgestel uit die afdelings Kerngeneeskunde, Radiodiagnose en Stralingsonkologie. Mediese Fisika en Radiobiologie vorm ook 'n onontbeerlike deel van die departement. Radiologie is hoofsaaklik betrokke by beeldingsondersoeke bv. rekenaartomografie (RT) en magnetiese resonansbeeling (MR); maar is ook betrokke by funksionele beelding bv. funksionele magnetiese resonansie (FMR) en terapeutiese prosedures bv. intervensionele radiologie. Stralingsonkologie is verantwoordelik vir die behandeling van kankers deur bestraling en chemoterapie. Kerngeneeskunde doen ook beeldingsondersoeke, na die toediening van radioaktiewe stowwe. Kerngeneeskunde is ook, hoewel tot 'n mindere mate, betrokke by die behandeling van nie-kwaadaardige toestande soos hipertiroļdisme en sekere kwaadaardige toestande deur middel van die toediening van onverseėlde radioaktiewe verbindings.

Kernfunksies:

  • Opleiding, hoofsaaklik van nagraadse studente. Ook betrokke by opleiding van mediese studente gedurende kliniese jare.
  • Navorsing: Al drie afdelings is betrokke by verskeie navorsingsprojekte wat gereeld tot publikasies lei.
  • Beide Kerngeneeskunde en Stralingsonkologie is deur die Internasionale Atoomenergie Agentskap betrokke by die opleiding van genote uit Afrika.
  • Die onlangse installasie van 'n 3T MR sal radiodiagnose tot op die spiespunt van internasionale navorsing bring.

Hoofdienste: 

Al drie afdelings is betrokke by dienslewering, navorsing en opleiding van studente. Die opleidingsverantwoordelikheid sluit nie net die opleiding van nagraadse en voorgraadse mediese studente van die Universiteit Stellenbosch in nie, maar ook van radiografiestudente deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Mediese Fisici word in samewerking met die Fakulteit Natuurwetenskappe opgelei. Dienslewering geskied aan binne- en buitepasiėnte van Tygerberg Hospitaal. Kerngeneeskunde lewer ook dienste aan pasiėnte wat van streeks- en sekondźre hospitale verwys word, terwyl Stralingsonkologie ook betrokke is by die behandeling van pasiėnte by iThemba LABS se proton- en neutronterapiefasiliteit.


Uitvoerende hoof: Prof A Ellmann
Kwalifikasies: MB, ChB, MSc, MMed (Stell), Professor
Tel: +27 21 938 4352/4265/4372
Faks: +27 21 938 4694
E-pos:
ae1@sun.ac.za

Kontakpersoon
: Me Petro Joerdens
Tel: +27 21 938 4352
Faks: +27 21 938 4694
E-pos: pjoerdens
@sun.ac.za

Terug na bo




All rights reserved © 2010 Faculty of Health Sciences  Terms of use