Afdeling Kerngeneeskunde



» Kerngeneeskunde TUIS
» Onderrig
» Navorsing
» Personeel
» Kontak ons
» Departement Mediese Beelding en Kliniese Onkologie

mediese beelding & kliniese onkologie :: Kerngeneeskunde

Die Kerngeneeskunde afdeling van die Universiteit van Stellenbosch en Tygerberg Hospitaal is een van die bedrywigste en grootste departemente van sy soort in Suid-Afrika. Die afdeling beskik oor 'n span toegewyde kundiges en moderne toerusting, doen toegepaste navorsing en het waardevolle verbintenisse met internasionale kundiges opgebou. Op 19 April 2012 is die Wes-Kaap Akademiese PET/RT Sentrum amptelik geopen. Die fasiliteit is aan die westekant van die Gene Louwgebou. Die PET/RT-skandeerder is deur NTP Radio Isotopes (deel van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie) geskenk. Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het bygedra vir die koste van die gebou, infrastuktuur en bykomende toerusting.

Areas van kundigheid sluit in:

  • Miokardiale perfusiebeelding
  • Funksionele breinbeelding
  • Onkologiese flikkergrafie, insluitend PET/RT
  • Hantering van hipertiroïdisme
  • Infeksiebeelding
  • Algemene Kerngeneeskunde

    Die Kerngeneeskunde afdeling is verbind tot die lewering van 'n kwaliteit diagnostiese en terapeutiese diens.


    Afdelingshoof: Prof A Ellmann
    Kwalifikasies: MB, ChB, MSc, MMed (Stell), Professor
    Tel: +27 21 938 4352/4265/4372
    Faks: +27 21 938 4694
    E-pos:
    ae1@sun.ac.za
    www.sun.ac.za/nuclear


    Kontakpersone
    : Marlise van Niekerk
    Tel: +27 21 938 4352
    Faks: +27 21 938 4694
    E-pos: 
    marlisev@sun.ac.za

    Terug na bo




    Alle regte voorbehou © 2012 Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Terme van gebruik Vrywaring