Fakulteitnuus



» Terug na nuus

South2South ontvang befondsing van USAID

Die South to South Program vir Omvattende Familie MIV-sorg en -behandeling (South2South), gebasseer in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid, is die ontvanger van 'n $15 miljoen befondsingstoekenning deur die United States Agency for International Development  (USAID) in Suid-Afrika. Die toekenning sal 'n 5 jaar program befonds vir opleiding en mentorskap wat fokus op pediatriese en adolessente MIV/VIGS, PMTCT, en psigososiale ondersteuning.

Sedert die stigting van die Program in 2006, het South2South opleiding en mentorskap verskaf aan PEPFAR vennote organisasies in Suid Afrika en die Nasionale Departement van Gesondheid, met die opleiding van meer as 4000 gesondheidswerkers. Die opleidings- en mentorskapprogram sluit in 'n geďntegreerde distrik ondersteuningsmodel wat opleiding kombineer met mentorskap en kwaliteit verbetering tegnieke wat gesondheidswerkers sal ondersteun om beste praktyke te implementeer.

Volgens dr Kobus van der Walt, kliniese program direkteur van South2South, sal die program gesondheidswerkers in al 9 provinsies in Suid-Afrika ondersteun. "South2South het bekendheid verwerf vir innoverende opleidings- en mentorskap hulpmiddels. Die USAID befondsing gaan vir ons die geleentheid gee om te voorsien aan die volle spektrum van behoeftes in kapasiteitsbou in die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel, van nasionale en provinsiale opleidingsprogramme tot fasiliteitsgebasseerde mentorskap en kwaliteitsverbetering om gesondheidswerkers te ondersteun om beleid en behandelingsprotokolle te implementeer in algemene gesondheidsdienste. Die doel van die program is die verbetering van moeder- en kindergesondheid deur die opleiding en mentorskap van gesondheidswerkers."


Foto: 'n Groep verteenwoordigers van die USAID het onlangs South2South besoek om die program te bespreek.

Voor links na regs: Dana Rose (USAID); • Bea Lumande (USAID; • Smita Kumar (USAID); Jessica Chiliza (PEPFAR); Jennie Slabber (Universiteit Stellenbosch). Middel links na regs: Lessie Mnisi (USAID);• Rebecca Fertziger (USAID);• Puni Mamdoo (South2South). Agter links na regs: Carin du Toit (South2South); • Kobus van der Walt (South2South); • Barry Gill (USAID); • Beryl Green (South2South); Eugene Bougaard (Universiteit Stellenbosch); Mark Mulder (Universiteit Stellenbosch).

 


Alle regte voorbehou © 2012 Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe  Terme van gebruik Vrywaring