Navorsing


Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Gesondheidswetenskappe het 'n reputasie vir navorsingsuitnemendheid wat deur dekades van volgehoue toewyding opgebou is.  Die Fakulteit volhard daarin om as 'n vooraanstaande navorsingsgerigte omgewing op te tree, met uitgebreide internasionale, sowel as nasionale en plaaslike, wetenskaplike vennootskappe.  Ons navorsingsagenda word gevorm deur strategiese navorsingsfokusareas, wat verseker dat navorsingsaktiwiteite ernstige gesondheidsuitdagings in die Afrika-kontinent aanspreek.

Jong sowel as ervare navorsers van ons Fakulteit kan voordeel trek uit 'n breë spektrum van deurlopende kapasiteitsbou inisiatiewe, wat kursusse oor navorsingsmetodiek, administrasie, etiek, befondsingsaansoeke en skryf vir wetenskaplike publikasies insluit.   'n Nagraadse kantoor verskaf 'n effektiewe en vriendelike een-stop diens aan nagraadse studente in die fakulteit. Ons beplan om selfs verder te investeer, en meer spesifiek in navorsingsfasilitering, deur die ontwikkeling en hernuwing van navorsingsinfrastruktuur en die daarstelling van loopbaangeleenthede.

Oor die afgelope jare het ons navorsers ongekende sukses behaal met aansoeke vir navorsingsbefondsing aan eksterne befondsingsliggame.  Saam met die voorreg om navorsing te kan doen, kom die verantwoordelikheid om navorsingsresultate te publiseer.  Dit is dus verblydend dat ons navorsers toenemend naam maak in die internasionale wetenskaplike vakliteratuur. Selfs meer positief is die feit dat ons navorsing 'n daadwerklike invloed op gesondheidsbeleide en -praktyk het, in Suid-Afrika en die internasionale arena.

» Subkomitee C van die Navorsingskomitee van die Senaat
» Fakulteit Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun (Navorsingsetiekkomitee)
» Stellenbosch Afdeling Navorsingsontwikkeling (Hoofkampus)

Alle regte voorbehou © 2012 Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe  Terme van gebruik Vrywaring