|
Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is verbind tot optimale gesondheid - in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent.
Hierdie verbintenis is afhanklik op ons vermoë om onafhanklike kundiges binne 'n kultuur van deurlopende leer op te lei en sodoende 'n onuitwisbare en positiewe bydrae tot die gesondheid van alle gemeenskappe te lewer. Dit reken ook op ons vermoë om deur navorsing, relevant tot Afrika en węreldwyd, by te dra tot nuwe kennis in gesondheidswetenskappe, asook op ons pogings om die breër gemeenskap te bevoordeel deur middel van praktiese betrokkenheid en dienslewering.
Die Fakulteit bestaan uit 'n groot akademiese opleidingskompleks, insluitend die Tygerberg Akademiese Hospitaal, geboue wat kliniese-, onderwys-, administratiewe- en navorsingsfasiliteite huisves, asook moderne koshuise en uitgebreide sport en ontspanningsfasiliteite vir ons studente. Die kampus bied ook akkommodasie vir internasionale studente en besoekende akademici en wetenskaplikes.
Die top bestuurspan bestaan uit die Dekaan, drie Visedekane: Onderrig; Gemeenskapsdiens en -interaksie, Navorsing asook 'n Direkteur: Bestuursdienste.
|
 |